Ek sien hulle het dit in September al aangekondig: link
Vir meer inligting: link
Googlemaps Street View in Stellenbosch, Suid-Afrika (South Africa)
•28 Oktober, 2009 • 2 KommentaarBeste brood resep
•1 Mei, 2009 • 2 KommentaarEk het vandag die lekkerste brood gemaak. Die resep (van http://www.cookitsimply.com/recipe-0010-014427r.html af) is:
Bestandele
15 g kitsgis
250 – 300 ml milk
1 teelepel strooisuiker
450 g sterk broodmeel
1 teelepel sout
100 ml olyfolie
Metode:
1. Meng die gis met 150 ml melk en die suiker.
2. In ‘n aparte mengbak, meng meel, sout en olie. Vryf die olie in.
3. Meng die meel en melkmengsel en voeg geonoeg van die melk by om ‘n klewerige deeg te vorm.
4. Knie deeglik tot die deeg nie meer klewerig is nie.
5. Bedek met ‘n doek en laat dit in ‘n warm plek rys tot dubbel die grootte.
6. Knie weer vir so 5 minute en vorm dan vier 30 cm lang ronde brooodjies.
7. Laat dit staan tot grootte verdubbel en bak dan teen 200 degC.
Die Stem van Verenigde Koningkryk
•26 Maart, 2009 • 1 KommentaarSo registreer ek toe om hier in die verte te stem vir die nasionale verkiesing. Na my tweede epos met VEC10 vorms reply die IEC met die volgende lieflike typo! Kan ons vir nuwe IEC ook stem?

Gesondheidsbeskuit – karringmelkbeskuit resep
•2 November, 2008 • 8 KommentaarJammer, ek moes dit in Engels doen vir ‘n kollega…
KARRINGMELKBESKUIT
Ingredients:
Half (about 35 bite size pieces)
½ kg self raising flour
3 ½ cups stuff:
1 ½ cups rolled oats,
1 cup sunflower seeds,
½ cup pumpkin seeds,
½ cup raisins/sultanas.
2 tsp baking powder
1 eggs
284 ml (1/4 pint) buttermilk
± 200 ml milk
¾ cups sugar (187.5 ml)
250 g salted butter, warmed in the microwave for 30 seconds, ’til soft
Full
1 kg self raising flour
7 cups stuff:
3 cups rolled oats,
2 cup sunflower seeds,
1 cup pumpkin seeds,
1 cup raisins/sultanas.
4 tsp baking powder
2 eggs
568 ml (1/2 pint) buttermilk
± 400 ml milk
1.5 cups sugar (375 ml)
500 g salted butter, warmed in the microwave for 30 seconds, ’til soft
Method:
1. Mix liquid ingredients, butter and sugar, mix well (blender).
2. Mix dry ingredients (excl. sugar)
3. Add the dry ingredients to the liquid ingredients. (Use your hands)
4. Spread the dough in a prepared (smeared thoroughly with butter, or use baking paper) baking trays and cut portion size lines into dough, to ease later separation (about 1 x 1 inch). Do not make the dough deeper than 4 cm, otherwise it will stay soggy.
5. Bake for 40 min at 180°C. Be very careful not to let it burn. Turn down the temperature to 150°C if it darkens, and cover with foil. If the pan is fairly deep, it could take longer than 40 min. Use a test-pin (skewer) or knife to determine if it is ready. (Insert the pin/knife, and if it comes out clean it is ready)
6. Turn the pan on its head to take the beskuit out. Be careful not to get it on the floor. An electric carving knife works well for cutting into pieces.
7. Return the pieces to the pan and dry out at 80-100°C in the oven. (It could take from 4 to 8 hours. Some people leave the oven door very slightly open (cm or two) Thermal fan ovens work best for drying.
8. When the beskuit is dry, pack into airtight containers. The beskuit must not become moist, so keep in the airtight containers.
Ratatouille met Zimbo mieliepap (sadza)
•5 September, 2008 • 2 KommentaarHierdie is baie eenvoudig om voor te berei en is een van my vroutjie se gunstelinge. Die ratatouille resep kom van meestal van “Dr” Poo af. ‘n Goeie Zimbabwiese vriend het my geleer hoe om die Zimbabwiese mieliepap, genoemd Sadza, te maak.
Die resep bedien 4 gewone mense en 2 baie honger mense.
Vir die pap:
14 opgehoopte eetlepels (220 – 280 ml) mieliemeel
1 liter water
5 ml botter
2.5 ml sout.
Bring 700 ml water, botter en sout in ‘n pot tot kook. Meng 7 opgehoopte eetlepels mieliemeel met 300 ml koue water tot ‘n paste. Gooi die paste in die kookwater. Bring weer tot kook en gee so een of twee roere. Verminder die hitte tot baie laag en laat dit half bedek prut (bloep-bloep) vir so 15 minute. Gooi nou nog 7 opgehoopte eetlepels mieliemeel by en roer so al wat jy kan. Die rou meel moet goed meng met die gaar meel. Laat dit nou eenkant staan tot dit lekker styf geraak het (gewoonlik so 5 na 10 minute). Gewoonlik eet die Zimmers dit met hulle hande, die pap is styf genoeg om met jou hand te hanteer en ook om in die sous (bv. ratatouille) te doop.
Vir die ratatouille:
1 ui rof gesny
2 knoffelhuisies – crushed
1 rooi peper
1 geel peper (of nog ‘n rooie)
1 sliced groenrissie met pitte (opsioneel – vir die terugbyt)
1 blokkie groente aftreksel (groente blokkie ding)
15 ml oregano
1 blik gemengde boontjies
1 blik chopped tomatie
Braai die ui, knoffel, pepers, groenteblokkie, rissie en oregano vir so 10 minute in ‘n pot met bietjie olie – roer gereeld. Gooi die boontjies en tamatie by en laat dit vir so 10 ~ 15 minute prut, – roer dit gereeld. Haal dit van die plaat af en laat dit vir ten minste 5 minute rus voor bedien.
As dit nie so lekker was nie kon ek nog ‘n foto geneem het….







Wat sê die man op straat?