mieliepap en sous met wors-sosatie resep

Op een of ander tyd gee mens op om te soen na derms om boerewors mee te maak. Dan gee jy oor aan die inspirasie-voorvaders om jou te lei:

My eie Engelse interpretasie van wors (bedien so 6 mense):
Meng 1kg bees maalvleis met 300g varkmaalveis en ‘n opsionele 50g broodkrummels
Gooi 25 ml fyn droë koljander, 10 ml fyn droë naeltjies, 5ml neutmuskaat, 10 ml sout, 5 ml peper en so 100 ml Asyn by die vleis en meng goed. Om seker te maak, meng dit weer.
Druk die vleis vas op sosatie stokkies en pak dit op ‘n rooster
Bak vir 25 minute teen 180 oC bedek met ‘n laag foelie en dan onbedek vir 5 minute teen 190 oC.

worssosatie.jpg

Mieliepap (Bekend as Sadza in Zimbabwe)(hierdie bedien ook so 6 mense)

Gooi 125 ml mieliemeel in 1 liter koue water en roer dit goed.
Laat dit verwarm op die plaat en laat dit bloep-bloep vir so 15-20 minute.
Kry die houtlepel reg en gooi 250 mieliemeel by terwyl jy genadeloos inroer. Laat die pap nou teen ‘n baie lae hitte in ‘n toe pot staan vir so 15 minute.

pap.jpg

Smoor/Sous (pas by pap)
Braai een fyngekapte ui tot dit sag is in olie in ‘n pan. Gooi ‘n twee kannietjies gekapte tamatie by. (Indien jy gelukkig genoeg is om in RSA te woon, kan jy sommer die kannetjies met uie in koop)
Gooi 3 eetlepels Mrs. Balls chutney, 3 eetlepels Worcester sous, 2 teelepels Oregano en so bietjie peper by. Braai dit tot die sous lekker dik is.

sous.jpg

papensouseindproduk.jpg

About these ads

~ by mieliepap on 4 November, 2007.

12 Responses to “mieliepap en sous met wors-sosatie resep”

  1. Dit klink lipleklekker. Ek maak self ook gereeld mieliepap en sous, maar vir worsmaak is ek heeltemal te lui. Gelukkig maak ons slagter hier in Cambridge heerlike boerewors. Probeer dit gerus as jy weer eenkeer hiernatoe kom.

  2. Hi LM, long time… Ons slaghuis vra GBP 10/kg vir wors. Op hierdie manier kos dit my egter GBP 2/kg en ek het ‘n goeie idee hoeveel vet (en watter spice) daar ingaan. Ek het gister ook 2 kg lams-maalvleis gekoop, so binnekort kan ek bietjie eksperimenteer.

    Wat is die Cambridge slaghuis se naam ? Ek vermoed ons sal voor die maand om is daar omkom en ek sal graag hulle wors probeer.

  3. Lyk heerlik. Nou is ek skoon honger! :lol:

  4. Dit lyk soos die Indiese kebab wat hulle gereeld op BBC Food maak – waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg, en ‘n Boer kon nog altyd ‘n plan maak sonder om derms te knoop!

    Lyk lekker, Mieliepap, veral as jou brekvis ‘n kaasbroodjie was…

  5. Dankie vir jou boodskappie en ek het gedoen wat jy gesê het so ek hoop dit is nou reg. Dink ek het verstaan, ek het nou nie biskruit ontdek nie.

  6. Jinne maar jy is oulik. Ek is veronderstel om ‘n boerenooi te wees, maar kan nie boerewors maak nie…

  7. ek “smaak” julle feedback so baie ek maak sommer braaivleis in die oond, waar is die petrol ?

  8. Ek en my gesin het onlangs uit Namibia na Guyana in Suid-Amerika getrek. Ek is desperaat opsoek na boerewors resepte. Eintlik het ek baie resepte op die web gekry maar nie een van die resepte se hoe jy die derms moet skoon kry nie. Ek het uit eindelik a bok se derms gekry, maar weet glad nie hoe om dit skoon te kry nie. Ek wil graag vlies braai met roosterbrood en boerewors en my kollegas uitnooi, maar hoe kry ek die derms skoon. Hier is glad nie slaghuise nie. Ek moes a lewendige bok koop om die derms te kry. Help my asseblief, want my kinders en man soek egte boerewors. Namibiese meisie.

  9. Doris, kyk op ebay.com. Soek vir sausage casings

  10. Baie dankie. Ek gaan nou direk na ebay.com. Lekker naweek.

  11. Hallo Mieliepap,

    Jammer, ek het nou eers jou vraag gesien, want ek het blogs net so vlugtig besoek die afgelope maand en nie noodwendig altyd al die kommentaar gelees nie. Die slaghuis se naam is Andrew Northrop butchers en hulle is by 114 Mill Road, Cambridge, CB1 2BQ. Die slagter het vir my gesê dat hulle die boerwors resep by die Suid-Afrikaanse ambassade gekry het. Dit is wel so dat die slaghuis baie duurder sal wees as jou 2/kg.
    Laat weet ons bietjie hoe die lamswors gesmaak het.

  12. Dankie LM! Sal dit probeer.

    Ek het vanaand weer wors gemaak, en ek dink ek het dit nou vervolmaak:

    Per sosatie: 30 g beef, 30 g vark, 10 g smoked bacon, 5 ml fyn naeltjies, 2.5 ml fyn koljander, 5 ml koljander korrels, 5 ml wit cider asyn, 10 ml fyn gedroogde broodkrummels, 2.5 ml peper, paar spatsels worcestersous. Sout soos benodig. Masseer hom goed en druk al die sap uit. Bak vir 7 minute aan elke kant teen 180 degC.

    Die skaapworsies was lieflik: 70 g lam-maalvleis, 30 ml mint sous (mint en balsamic), 2.5 ml fyn naeltjies, 2.5 ml 2.5 ml asyn, 5 ml peper. WOWOWOWOW !!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: