Poedel se Pietsa
Poedel en PE het vir ons die lekkerste pizza van eerste beginsels af gemaak, so hulle verdien om hierdie resep te blok:
Basiese Pizza
Bestanddele:
- 1 sakkie Hovis brooddeeg (“just add water” tipe)
- 300ml lou-warm water
- 1 teelepel sout
- 2 knoffelhuisies
- tomato paste buisie
Los die sout op in die water. Gooi die water by die brooddeeg en knie vir 10 minute. Laat staan die deeg in ‘n bak, bedek met ‘n klam lap, vir 20 minute.
Knie die deeg af, en verdeel in 2. Gebruik ‘n koekroller om die deeg uit te rol. Die area daarvan moet die pizza-pan volmaak. (Dit help om ‘n behoorlike pizza pan met gaatjies onder in te gebruik
). Druk gaatjies in die deeg met ‘n vurk. Bak die deeg in die oond vir 3 minute teen 170 grade. (dit geld vir ‘n oond met fan-assist. Dit mag dalk langer neem daarsonder). Druk 1 knoffelhuisie fyn en smeer dit saam met tamato paste oor die pizza. Die pizza is nou gereed vir enige kombinasie van toppings waarvoor jy lus is.
Hierdie kombinasies van toppings werk goed:
- Songedroogte tamaties, Feta kaas, mozarella kaas en Origanum
- Anchovies en mozarella
- Salami / Italian ham, Sampioene, Soetrissie en mozarella
- Songedroogte tamatie, bokmelkkaas, avokadopeer en rocket
- Songedroogte tamatie, bokmelkkaas, gekarameliseerde uie en 1 brandrissie fyngekap
Maak ‘n lekker bottel rooiwyn oop (of bier) en geniet.




Leave a Reply