Ratatouille met Zimbo mieliepap (sadza)

Hierdie is baie eenvoudig om voor te berei en is een van my vroutjie se gunstelinge. Die ratatouille resep kom van meestal van “Dr” Poo af. ‘n Goeie Zimbabwiese vriend het my geleer hoe om die Zimbabwiese mieliepap, genoemd Sadza, te maak.

Die resep bedien 4 gewone mense en 2 baie honger mense.

Vir die pap:
14 opgehoopte eetlepels (220 – 280 ml) mieliemeel
1 liter water
5 ml botter
2.5 ml sout.

Bring 700 ml water, botter en sout in ‘n pot tot kook. Meng 7 opgehoopte eetlepels mieliemeel met 300 ml koue water tot ‘n paste. Gooi die paste in die kookwater. Bring weer tot kook en gee so een of twee roere. Verminder die hitte tot baie laag en laat dit half bedek prut (bloep-bloep) vir so 15 minute. Gooi nou nog 7 opgehoopte eetlepels mieliemeel by en roer so al wat jy kan. Die rou meel moet goed meng met die gaar meel. Laat dit nou eenkant staan tot dit lekker styf geraak het (gewoonlik so 5 na 10 minute). Gewoonlik eet die Zimmers dit met hulle hande, die pap is styf genoeg om met jou hand te hanteer en ook om in die sous (bv. ratatouille) te doop.

Vir die ratatouille:
1 ui rof gesny
2 knoffelhuisies – crushed
1 rooi peper
1 geel peper (of nog ‘n rooie)
1 sliced groenrissie met pitte (opsioneel – vir die terugbyt)
1 blokkie groente aftreksel (groente blokkie ding)
15 ml oregano
1 blik gemengde boontjies
1 blik chopped tomatie

Braai die ui, knoffel, pepers, groenteblokkie, rissie en oregano vir so 10 minute in ‘n pot met bietjie olie – roer gereeld. Gooi die boontjies en tamatie by en laat dit vir so 10 ~ 15 minute prut, – roer dit gereeld. Haal dit van die plaat af en laat dit vir ten minste 5 minute rus voor bedien.

As dit nie so lekker was nie kon ek nog ‘n foto geneem het….

About these ads

~ by mieliepap on 5 September, 2008.

2 Responses to “Ratatouille met Zimbo mieliepap (sadza)”

  1. Mmmmm dit lyk lekker!

  2. Dit werk ……. yay!!!!!!!

    Uiteindelik een wat werk!!!

    Thanks ou. Heerlike site ….. eintlik vervlaks lekker en ek geniet dit terdee

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: