‘n Prentjie met ‘n duisend woorde

About these ads

~ by mieliepap on 9 September, 2008.

7 Responses to “‘n Prentjie met ‘n duisend woorde”

  1. Ek sien dan net ‘n rooi kruisie…???

  2. Waarheid maak soms maar bitter seer.

  3. Sonder om te skeef te trek.
    Ek verstaan nie die prent nie, hy het nog niks so iets gedoen nie, as die NPA nie hulle werk kan reg doen nie (2 keer, of is dit 3), dan kan mens hom nie aanvat daaroor nie.
    Die prent beeld uit wat baie mense voel, nie die waarheid nie.
    Of wat?

  4. Ag wel, hoekom nie:
    So hier is demokratiese Suid-Afrika. Die meerderheid mense het die ANC ingestem. Die ingestemde party het self ‘n verkiesing gehad om leiers te kies. Die koalisielede en subdele van die ANC het ook verkiesings gehad om leiers te kies. Hierdie leiers, het toe namens hulle lede, en omdat hulle die meerderheidsparty is, namens die land, ‘n besluit gemaak oor wie hulle graag wil hê as die volgende president. Hierdie besluit is heeltemal demokraties gemaak, in soveel dat die meerderheid van die inligting in die publieke sfeer was en die meerderheid mense gekies het om nie die res (sy baie misstappe en skuld) in ag te neem nie, of nie in die publieke sfeer te plaas nie. Die meerderheid van mense in die land blyk te wil hê dat die saak teen Zuma laat vaar word en glo dat die aanklagte gebring is met politieke motiewe. Die justisie het ook besluit dat die motiewe en metodes van aanklagte teen Zuma nie korrek was nie.

    Hoe kan ons daarteen veg? Hy het al die regte boksies ge-tick. Dit is nie sy skuld dat die mense hom in beheer wil hê nie. Dit is mos nou demokrasie in werking.

    Die feit van die saak is ook dat hy baie meer likely is as Mbeki om die man op straat se behoeftes in ag te neem. Dit is anyway waar tot sy mag hom korrupteer, wat nie lank behoort te neem nie. Gestel hy korrupteer nie so vinnig nie en dat hy suksesvol is, dan gaan hy en sy mense sorg dat die armes uiteindelik uit hulle staat van verwaarlosing gelig gaan word. Ryk mense gaan benadeel word en beleggers in die land gaan huiwerig word. En dit is hoekom die intellegentia bang is vir Zuma: (behalwe omdat hy ‘n swaap is) hy belowe om vir die meerderheid mense te gee wat die meerderheid mense wil hê. Die intellegentia is nie nie meerderheid nie en is die bevoordeelde meerderheid.

    Ek se glad nie dat Zuma onskuldig is nie.

    As jy met my wil stry gaan voort, maar: As jy bang is vir Zuma, is dit omdat jy bo-gemiddeld verdien en/of eiendom het. As jy bly is oor Zuma, is dit omdat jy ondergemiddeld verdien en/of fokkol het.

  5. :)
    Ek het nou lekker gelag vir hierdie stuk kommentaar. Jou laaste 2 sinne is vir my van die waarste woorde wat iemand nog oor Zuma kwytgeraak het. Spyker op die kop (en snaaks daarby!)

  6. dJammer ou, maar ek dink die man is ‘n idioot en idiote irriteer my. Nou sal sy onnoselheid oor die hele land stort en ons geld, saam met sy seep in die drein af.

    Of mens nou ryk is en of mens nou arm is, maak nie saak nie. As die res van die wereld weghol plus VSA het ‘n finansieele verkoue is ons onder te veel druk na my smaak. Kos is reeds te duur en so ook alles anders.

    Sorrie mieliepap, ek sien dit nie so eenvoudig nie .

  7. JFN, ek kan dit eenvoudiger stel, dan kan jy vir my se waarmee jy nie saamstem nie:

    Die meerderheid mense in die land wil hom in beheer hê. Demokrasie, waarin ons westerlinge so vashou, sê is hy is dus die regte man.

    Die gereg het hom nie skuldig bevind nie (nog nie).

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: