Beste brood resep
Ek het vandag die lekkerste brood gemaak. Die resep (van http://www.cookitsimply.com/recipe-0010-014427r.html af) is:
Bestandele
15 g kitsgis
250 – 300 ml milk
1 teelepel strooisuiker
450 g sterk broodmeel
1 teelepel sout
100 ml olyfolie
Metode:
1. Meng die gis met 150 ml melk en die suiker.
2. In ‘n aparte mengbak, meng meel, sout en olie. Vryf die olie in.
3. Meng die meel en melkmengsel en voeg geonoeg van die melk by om ‘n klewerige deeg te vorm.
4. Knie deeglik tot die deeg nie meer klewerig is nie.
5. Bedek met ‘n doek en laat dit in ‘n warm plek rys tot dubbel die grootte.
6. Knie weer vir so 5 minute en vorm dan vier 30 cm lang ronde brooodjies.
7. Laat dit staan tot grootte verdubbel en bak dan teen 200 degC.

Leave a Reply