Googlemaps Street View in Stellenbosch, Suid-Afrika (South Africa)

Jy kon my omtik met ‘n veertjie toe ek vandag op die R44 verby Dorpstraat ry en jou werklikwaar die googlemaps Prius met sy verhoogde kamera sien. Soos dit enige ingenieur betaam het ek hom vir so blok of wat gevolg om die storie van nader te beskou. Later besef ek gaan nou seker op sy foto’s van die area feature – nice.

Ek sien hulle het dit in September al aangekondig: link
Vir meer inligting: link

~ deur mieliepap op 28 Oktober, 2009.

2 Responses to “Googlemaps Street View in Stellenbosch, Suid-Afrika (South Africa)”

  1. Is jy terug in SA, of kuier jy net? Ewenwel, wil maar net se jy kan gerus bietjie meer gereeld blog – mens mis jou!

  2. Hi Boer, terug in SA. Vir 6 maande al. Sal sometime weer blog as die tyd ryp is, dankie.

Leave a Reply