Soos sand

•9 Augustus, 2008 • 7 Kommentaar

Ek is vandag 30. My vrou is besig om my vrot te spoil. Lieflik. Het gister vir die Pommedare by die werk koeksisters gemaak, they like. Het ook gister vir die eerste keer in 17 jaar golf gespeel, so ek is seer vandag op nuwe plekke, en voel dus ook 30+.

Dit is darem lekker om vir ‘n dag stil te sit en te reflect, veral as (so mooi) iemand so mooi na jou kyk.


as die video nie werk nie, click hier.

My gunsteling geskenk is twee kaartjies na die SA vs Engeland eendag internasionaal op Lords !!!

Almal is spesiaal

•7 Augustus, 2008 • 1 Kommentaar

minimieliepap 2

•3 Augustus, 2008 • 4 Kommentaar

Piesang-peanut-amandel-pampoenpit-brood

•2 Augustus, 2008 • Lewer Kommentaar

Ek het verlede week verveeld gevoel , en ons het so paar oorryp piesangs in die huis gehad, toe eksperimenteer ek so bietjie, met groot sukses.

Om ‘n heerlike variasie op piesangbrood te maak, volg die volgende resep

Bestandele:
3 oorryp piesangs
100g (1/2 blok) botter
125 ml (1/2 koppie) suiker
20 ml (opgehoopte eetlepel) grondboontjiebotter
30 ml (twee eetlepels) heuning
500 ml meel
2.5 ml bakpoeier
2.5 ml koeksoda
knippie sout
50 gram amandel vlokkies
50 gram pampoenpitte
25 gram gekrummelde pekan neute

Metode:
Rooster die amandel vlokkies en pampoenpitte vir so paar minute onder ‘n oond element in ‘n bakplaat.

Smelt die botter ‘n ‘n pan. Wanneer dit gesmelt is, gooi die suiker by en roer dit in tot dit gesmelt is. Gooi bietjie botter in as dit te klewerig raak.Gooi nou die botter en suiker smeltsel in ‘n voedselverwerker en meng vir so 30 sekondes. Gooi die stukke piesang en heuning by en verwerk tot pap, dan die grondboontjiebotter en verwerk weer tot pap. Dit sal miskien nodig wees om so klein bietjie water/melk by te gooi (so eetlepel op ‘n slag) om die pulp sag te kry.

Meng in ‘n mengbak al die droë bestanddele, ingesluit die pampoenpitte, pekanneute en amandel vlokkies. Gooi dan die pulp by en werk dit deur met ‘n paplepel of ‘n slaplemmes of soortgelyk. Moenie te veel kommer nie as dit ‘n taaier mengsel is as waaraan jy gewoond is vir piesangbrood.

Skep dit als ‘n ‘n bottergesmeerde broodpan en bak vir (ten minste !) 50 minute tot ‘n uur teen 180 grade. As jy nie ‘n fan assist oond het nie, sorg maar dat die brood nie blootgestel is aan die element nie deur dit met foelie te bedek, of ‘n ander plaat tussen die brood en die element te plaas.

Jammer, daar is nie ‘n foto nie. Die brood was te vinnig op…

Wat ‘n verfrissende ervaring – Ben Folds

•10 Julie, 2008 • Lewer Kommentaar

Ek en die dame en die dame se kleinboet is hierdie week na die berugte Nottingham se berugte Rock City, alles net om Ben Folds te kyk. Ek was geweldig underwelmed met die idee. Maar ek is daar weg in awe !

As enige iemand ‘n geleentheid het om Ben Folds live te gaan kyk beveel ek dit ten stekste aan.

Suid-Afrika die volgende Zimbabwe ?

•10 Julie, 2008 • 3 Kommentaar

So ek is nie so aktief op die blog-arena nie, meestal omdat ek nou die man van ‘n swanger vrou is en omdat ek volgende maand Cambridge toe trek, maar hier is iets wat my effens ontstel het.

http://news.bbc.co.uk/1/hi/programmes/crossing_continents/7481705.stm

Luister na die berig:click op die “listen to latest programme ” link aan die regterhand

minimiliepap

•23 Junie, 2008 • 7 Kommentaar

terugvoer herkou

•29 Mei, 2008 • 15 Kommentaar

Mense by my werk maak my naar.

Ek het al hier verwys (met skelm foto) na die man met die geel sweetvlekke onder die arm, maar eintlik is dit ‘n vulletjie.

Dit alles begin wanneer die stress toeneem, tydens vergadering. Eers moet jy jouself wakker skud, want jy is seker het gedroom, maar dan gebeur dit weer: Jou baas se baas se baas trek een van sy wenkbroue uit en druk dit in sy mond ! Jou ongelowige oë maak kontak met syne en dit is asof NIKS gebeur het nie. Jy kyk rond in die vertrek om te sien of enige iemand anders dit gesien het, maar almal lyk onbewus.

By die volgende vergadering sien jy een van die ouens besig om sy hare te kou, ek ek bedoel nie streel sy lippe met sy hare nie, ek bedoel proper byt en suig materiaal (waar is my kamera en my guts as ek dit nodig het ?)

Die ander ding wat ek baie sien, is mense wat agter hulle ore krap, jy weet, daar waas die skedlebeen, oor en kakebeen (en die vuiligheid) bymekaarkom en sodra jou skietgebed opgaan dat hulle dit seblief aan hulle broek moet afvee, dan gaan dit mond toe.

Ek wil niks meer sê oor die mense wat neus-aksie mond toe bring nie, maar van hulle is daar ook.

So baie mense vryf agter of binne hulle oor, of tussen hulle ken en onderlip en ruik dan hulle vinger, herhaaldelik.

Verlede Donderdag het ek die een gesien wat my laat besluit het om uit te praat daaroor. Ek is gewoond aan sulke walglike goed, dat hierdie my nie eers aangeraak het nie, en dit is toe dat ek besef het dit is te erg. In ‘n vergadering van 25 mense, begin die Amerikaner sy bles krap, terwyl hy praat, nie te min! Hy vat die krapseltjies (wat noem mens die wit stuff wat van ‘n bles af kom ? skilfers ?) en druk dit jou waaragtig waar in sy mond, terwyl die hele skare na hom kyk, want hy is besig om te praat. Wat te moer ?

Dan is daar hierdie vreemde ou (wat in ruimtewesens glo) wat ek op film gekry het. Hy speel met sy knaters in vergaderings. Jammer vir die swak beeldmateriaal, maar ek is seker ek sal vergewe word. In die clip is sy hand in sy broek en hy haal dit uit om te skryf.

Slow motion:

Besef hierdie mense nie wat hulle doen nie ? Is dit nie ‘n vorm van kanibalisme nie ?

Baarmoedersgereg

•24 Mei, 2008 • 4 Kommentaar

Twee van ons vriendinne het onlangs swanger geraak. Wat my opgeval het is:

  1. die ongelooflike lang lys van goed wat nie geëet moet word nie
  2. die net so lang lys van goed wat geëet moet word
  3. die lang lys van goed wat nie gedrink moet word nie
  4. die lang lys van aktiwiteite wat vermy moet word
  5. die blootstelling aan (en vatbaarheid vir) siektes wat vermy moet word.

Indien hierdie reëls nie taamlik streng gevolg word nie staan jy ‘n goeie kans om:

  1. jou lewe/gesondheid in gevaar te stel
  2. jou baba se lewe/gesondheid in gevaar te stel
  3. jou baba se fisiese ontwikkelling te belemmer
  4. jou baba se intellektuele ontwikkelling te belemmer
  5. jou baba se immuniteit en toleransie vir siektes en kwale nadelig te beïnvloed.

Natuurlik is die toekomstige ouers baie gretig om die beste te doen en die reëls te volg, maar hulle verseker my dat, selfs in Engeland, is dit baie moeilik om byvoorbeeld die regte kosse in die hande te kry en die verkeerde te vermy. Die probleme is maar beskikbaarheid, koste, tyd en courteousness (sogenaamde goeie maniere) as jy by mense kuier (dan moet jy maar eet wat voorgesit word).

Hoekom vertel ek dit vir jou ?

Ek vertel dit vir jou, want ek hoor baie van mense wat (te) naby aan my is, dat “arm mense ondergeskik is“, ‘n stelling wat my diep grief en affronteer, en my wêreldbeeld dwars teen die bors stuit.

Wat ek wel glo waar is, is dat jy nie appels met pere moet vergelyk nie. Die manier wat die wêreld opgestel is, hier en nou, is dat welgestelde mense vir jare al met die bogenoemde metodes verseker dat hulle kinders die beste kans moontlik het. Hoekom doen hulle dit ? Eerstens, omdat hulle oor die nodige middele beskik, en tweedens omdat hulle ingelig is. Die armste mense is bloot nie in staat daartoe om hierdie luukses te bekostig nie, selfs al het hulle die inligting tot hulle beskikking, wat baie onwaarskynlik is. Hierdie is iets wat bekend staan as ‘n “poverty trap” (armoede lokval/sinkgat ?). Die kringloop laat die ryk-ingeligtes elke geslag beter af, en die arm-oningligtes slegter af.

Kyk na die arm mense langs jou. Ek glo dat mense (as ‘n gemiddeld oor “mens”) met dieselfde vermoëns en potensiaal beplan (DNA) en geplant (sperm+eier) word. Maar as gevolg van die numeriese lys bo aan hierdie pos, word baie van ons met ‘n agterstand gebore. ‘n Agterstand wat nie enige iets met die baba se DNA, nog sy klas uit te waai het nie. Maar wat uit te waai het met sy ouers, hulle opleiding, hulle bewustheid en hulle finansiële vermoëns, en laastens, meer belangrik (as ‘n root cause): Dit het uit te waai met die mensdomse menslikheid:

As die mense wat wel baie het en wat ingelig is, genoeg omgegee het vir hulle medemense, sou hulle nie terug gesit het en beruspe het: “Tut, tut, hulle weet nie wat hulle doen nie.” Dan sou hulle vorentoe gesit het en gehelp het:” My liewe mensie, eet hierdie vis vir jou kind se breinontwikkeling, hier is vir jou ‘n bottel gepasteuriseerde melk, hier is vir jou ‘n malaria net, en hier is vir jou ‘n boek wat vir jou sal vertel wat om te eet en drink om seker te maak dat jou kind nie met ‘n agterstand gebore word nie. Want ek en jy weet dat daardie onregverdige agterstand, is nie regverdig nie. Ek en jy weet dat daardie onregverdigheid broei afguns en haat.”

Ek sê vir geen oomblik dat hierdie die enigste (of grootste) faktor is nie. Daar is goed soos genetiese en sosiale verskille tussen groepe van mense, wat ook ‘n groot verskil maak. (Ek dink byvoorbeeld aan die groot hoeveelheid baba’s in die Boland wat met fetale alkohol sindroom gebore word, of die hoeveelheid alkohol en slegte kos wat die Engelse inneem tydens swangeskap). Ek se ook nie dat harde werk nie van hierdie agterstande kan oorkom nie. Ek se glad nie jy wat ryk en ingelig is, is beter as jou arm bure nie, jy het bloot ‘n onregverdige, sosio-ekonomies bevoordeelde disposisie, en dit behoort in jou ‘n sin van welsyn wakker te maak, as jy dan so goed is.

Wat my die joos in maak is dat dit in die kollektiewe mens se hande is, dat kinders wat op redelike gelyke voet gemaak is, ongelyk gebore word.

My vrou het gevra dat ek net moet byvoeg. As jy in ‘n baie arm land is, gaan die verskil wat jy as kind agv die lys hierbo se effekte ervaar redelik laag wees, die meerderheidsimpak gaan nurturing en sosiale omstandighede wees, en hoe hard jy bereid is om te werk. Maar as jy in ‘n ryker land is, kan die verskil baie hoër wees, omdat die res van die speelveld meer uitgebalanseer is.

sosiale terroris 2

•18 Mei, 2008 • 8 Kommentaar

Soos vantevore genoem, is ek en die wyfie sosiale terroriste, ons kan nie wag nie, om te sien wie die eerste faux pas maak in ‘n geselskap. Hierdie keer was dit ek.

Ons is besig om, as ‘n couple, ander couples “op te chat” in ‘n soeke na couple-vriende, ‘n skaars kommoditeit hier in die verte. So kom dit dat ons ‘n baie oulike Luxembourgiese/Belgiese paartjie van my werk oor het vir ete. Ek maak bobotie. Natuurlik is dit baie styf, want 3 van ons is ingenieurs en die ekonoom is misantroop. Ons hou egter baie van hierdie paartjie en besluit ons moet seker maak dat ons hulle nie sosiaal terroriseer en sodoende verjaag nie.

Gedurende die aand noem hy dat die dorpie waarvan hy afstam elke jaar ‘n fees het. Hierdie fees het sy oorsprong in die middeleeue en sy familie vorm ‘n integrale deel van die geskiedenis van die dorpie. Hy was juis die volgende naweek oppad na die dorpie om die fees te gaan bywoon. Deel van die fees is ‘n parade waar die mense aantrek soos in die middeleeue en hy sou ook. Paar senuweeagtige grappies is natuurlik gemaak.

Die tyd agterna die “date” was baie spanningsvol: Will they call ?! Twee dae later kry ek die mail wat se hulle wil ons uitnooi vir ‘n ete wanneer ek terug is van SA (3 weke). Verligting.

Hierdie week een middag, stap ek by die kantoor uit na ‘n lang dag se werk en sowaar ry hulle verby my. Ongemaklik. Hulle stop en draai die venster af. My hart spring in my borskas, wat sê mens nou vir hulle ? Eerste ding wat my opval is sy pienk das. Voor hulle nog ‘n woord kan uiter, sosiale terroris wat ek is, sê ek: “Love the pink tie, very loud !” Soos ek dit sê, dink ek by myself, shut up, moenie praat nie ! Toe blaker ek dit uit: “Where on earth do you find such ties ? Was it part of the festival clothing ?”  Ag hemel!

Nou gaan ek en die ekonoom Vrydag by hulle kuier. Ek weet nie of ek om verskoning moet vra  vir die das opmerking of nie. Miskien beter om net niks te se nie. Ek hoop hulle verstaan dat wat ons het, ‘n kondisies is, en nie gebore is uit kwade gevoelens nie.