Deutschland uber alles

As ‘n plattelander, was my blootstelling aan internasionale bestemminge maar redelik beperk. Nou dat ek op my oudag bietjie kans gegun is om rond te toer en die wêreld te verken, het ek eensklaps daaraan verslaaf geraak, miskien deels om elke nou en dan weg te kom van die besete land van engele.

Was verlede naweek in Münster. Ons was gelukkig om daar te wees tydens die EuroCityFest. Ons het dit nie verwag nie, wat dit seker ekstra spesiaal gemaak het.

Duitsland was inderdaad ‘n fees! Dit is seker heeltemal onregverdig om Münster en Koln met Derby en Nottingham te vergelyk, maar as iemand stupid genoeg is om hier ‘n soortgelyke fees te hou, met tientalle bierstalletjies (on tap) en olierige kosstalletjies tussenin, sal dit tot ‘n rampgebied verklaar word voor die son sak op die eerste dag. Maar dit het soos ‘n droom gewerk in Duitsland. Ek het nie een dronk persoon gesien nie. Ek het nie een hoodie gesien nie. Ek het nie een keer gesien dat ‘n blokvrou-ma in ‘n grys LONDSDALE sweater op haar kind skree terwyl sy hom ‘n 3.5 op die richter mbv die arm toedien nie. Somehow was dit net nie die East Midlands nie.

Almal was jolig. Die kosstalletjies was lieflik. Die bier was voortreflik (en goedkoop!)

Bier stalletjieBand

image023_reduced.jpg

Die beste kos was Reibekuche met Apfelmus, steak burgers, ‘n wurst waarvan ek die naam vergeet, langvormige-koeksister-like-dumplings en hulle weergawe van droëwors.

Een van die beste goed wat ek daar gesien het is ‘n wit kind met ‘n bruin pop.

Wit kind met bruin pop

~ by mieliepap on 29 May, 2007.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: