Moffies – praat mense nog so?

Ek het vanoggend ‘n email gekry: email oor homoseksuele mans in ampsposisies in die kerk.

Vet weet dat dit ‘n gevaarlike terein is om myself op te begewe agv al die emosies en al die baie geleerde mense wat hulleself onsusksesvol daaroor uitgelaat het … Daarom net so paar goed:

  • Praat mense regtig nog van moffies ? (net in Pretoria en Noord daarvan ?)
  • Ek respekteer Desmond Tutu en glo sy intensies is suiwer. Ek stem saam met hom dat mense obsessief raak oor homoseksualiteit. Verbeel jouself ‘n gemeenskap waar mense in soveel obstand kom oor
    • mans wat julle vrouens verneuk
    • kinders wat nie hulle ouers respekteer nie
    • mense wat geld (en finansië3e sekuriteit) belangriker as God en mense ag
    • rassisme (selfs apatie oor rassisme)
    • ongelykheid/ongeregtigheid
    • mense wat nie hulleself lief het nie
    • mense wat hulle naaste nie liefhet soos hulleself nie
    • mense wat vir God nie liefhet met hulle hele hart, siel en verstand nie

    Ek wil nie militante wêreld voorstaan nie, en ook nie homoseksualiteit goedpraat nie, probeer net ‘n punt maak.

  • Sou ons net so obsessief gewees het oor lesbiërs in ampsposisies?

~ by mieliepap on 29 May, 2007.

8 Responses to “Moffies – praat mense nog so?”

  1. Ek sal bekommerd wees oor n wereld wat nie behep is met seksualiteit nie. Dis n primere funksie van die mensdom – een van die redes hoekom ons nie meer aan die takke rondhang nie.
    Lees Richard Dawkins en search bietjie vir die Kinsey Report (dis oud maar nog baie relevant)
    En, wat beteken, “Ek wil… ook nie homoseksualiteit goedpraat nie”?

  2. Mannemerak, wat ek bedoel met “Ek wil nie… goedpraat nie” is dat ek nie ‘n vir of teen uitspraak re homoseksualiteit probeer maak nie. Ek dink nie dit is so groot kwessie soos wat mense daarvan maak nie, veral nie in die groter prentjie nie. Die toon van die blog is pro-gay en ek wil nie daardie standpunt inneem nie, dit is nie my punt nie. Die stelling “ek wil nie …” balanseer die toon.

  3. … na aanleiding van jou eerste opmerking. Natuurlik stem ek saam dat seksualiteit as funksie belangrik is. Dit is nodig om voort te bestaan en dit is vir voor-die-handliggende redes nodig om behoeftes te bevredig.
    Die vraag wat ek vra gaan nie oor seksualiteit se funksie nie, maar oor seksuele orientasie se relatiewe rangorde in die kerk se prioriteitslys. Die vraag is oor of die aandag en fokus wat daaraan gegee word regverdigbaar is. Kerke is besig om te skeur daaroor. Hierdie kerke het fantasitese netwerke wat gebruik kan word om kos vir hongeres, ondersteuning vir armes te gee en moedeloses te bemoedig. Relatief klink iets soos homoseksueel wees(selfs al is dit in die amp) na ‘n weglaatbaar klein item.

  4. Nee goed om te weet🙂
    So vind jy dit regig snaaks dat mense behep is hiermee?

  5. Weer eens, AMEN op hierdie post. Die werklike kwessies waarmee erns gemaak moet word, word gemarginaliseer.

  6. Jy is seker reg mannemerak, intuitief is dit nie snaaks nie, maar rasioneel kan ek nie aan ‘n goeie rede dink nie.

  7. mieliepap, jou eie blog! Gaaf, ek sal gereeld hier kom aandoen.

  8. Sien jou daar !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: