Nacional Helf Cerwis

Dit het in Mei aan die lig gekom Brittanje se NHS is die beste gesondheidsdiens van die eerstewereldlande, wat insluit Australia, Canada, Deutschland, New Zealand, en die U.S. (Hier is die verslag)

Gegewe al die kritiek vanuit politieke kringe en die media is meeste Britte baie verbaas oor hierdie erkenning. Toegegee, Labour het ‘n magdom geld in die stelsel ingestoot. Toegegee, die NHS is nou so ingerig dat hulle ‘measurable tagets’ najaag, wat noodwendig beteken hulle sal goed vaar in ‘n ondersoek wat dieselfde maatstawwe gebruik (i.e. hulle is meer besorg oor die targets as die ware kwaliteit en uitkomstes).

Maar miskien wys die verslag dat daar tog ook iets te se vir die NHS en vir meetbare doelwittte. Daar is tans hier ‘n irrassionele anti-Blair gevoel wat deels te wyte is aan teleurstelling van vele Britte wat gehoop het die charismatiese en slim gladdebek is die panacea vir die nasie se probleme. Tog wys sober analise dat sy skool- en gesondheidshervorminge goed deurdag was en broodnodig. Alle veranderinge het natuurlik ook nadele, maar in hierdie geval word die nadele miskien oorbeklemtoon.

Tweedens dink ek ook die Britse publiek is moontllik bederf. Die diens wat mens kry by die NHS is ongeloofllik uit ‘n Suid-Afrikaanse perspektief. Geen vorms invul om te bewys dat jy ryk genoeg is om die noodbehandeling te kry om jou lewe te red nie. En die kwaliteit van die diens is hoog: as dit nie was nie sou die aanvraag na private mediese sorg veel veel hoër gewees het, soos ons bv. wel in die geval is in Suid-Afrika.

~ by mieliepap on 30 May, 2007.

13 Responses to “Nacional Helf Cerwis”

  1. Oooo, een van my gunsteling UK debatte! Jammer as hierdie te lank raak:

    Ek stem saam die kwaliteit is goed as mens dit vegelyk met SA se staatshospitale, maar ek dink mens moet dit eintlik vergelyk met privaatsorg hier in SA om regverdig te wees. Hier betaal jy ‘n mediese fonds as jy privaatsorg wil hê, daar betaal jy national insurance om NHS te kry. As mens so vergelyk begin die NHS minder rooskleurig lyk : Daar moes my vrou 6 maande wag om pek te kry vir ‘n MRI op haar skouer, nog 6 maande om die spesialis te sien oor die resultate, en nog 6 vir die operasie. 18 maand an sy die eerste keer dokter toe is het sy eers die operasie gekry. Ek moes 2 weke wag om ‘n afspraak met ‘n GP te kry, net om ‘n voorskrif vir Telfast (hooikoors) te kry. ‘n Virend van my het sy kop oop gestam in ‘n rugby wedstryd, ons het 6 uur by die ongevalle gesit vir hom om net ‘n paar steke te kry. Die kwaliteit diens in die sleg nie, maar ek wil wraggies nie daar ‘n siekte hê wat dringende sorg nodig het nie!

    Van wat ek van Kanada hoor verbaas dit my nogal dat die NHS beter is, die V.S.A. verbaas my glad nie (dis seker die tweede laaste land waarin ek sal wil siek word, naas Nigerië).

  2. Kritiek teenoor Blair kom sekerlik van die anti-Irak-oorlog kamp; en ek moet wel saamstem dat die gemors daar defnitief nie opgemaak kan word deur paar goeie dade by die huis nie.

  3. Pienk, dit klink of julle ‘n redelike raw deal in South East Pomland gekry het ! Miskien omdat dit deur die Tories beheer word ? Ek vermoed wat ons hier kry is heelwat beter. Ons bly minder as 2 myl van die grootste hostipaal in die UK , Queens Medial Centre (QMC). Ons bly binne ‘n 1 myl, 350 voet, 3 duim, 20 thou en 5 kwarke van ons local medical centre af. Ons word elke keer binne ‘n dag of wat gehelp. Aangesien jy ervarings gebruik het (die personal touch), kan ek ook seker. Die missus is erg oor inligting en so bietjie iepiekondries, soveel so dat sy dokters altyd mal het met al haar X, Y, Z vrae as sy ingaan vir W. Die laaste keer wat sy dit gedoen het, tydens haar 13h20 afspraak, het die dokter vir haar ‘n 14h afspraak gemaak op dieselfde dag om die ander sakies te bespreek. Ander voorbeeld (waaroor ek meer lag as spog) is toe ek so maand gelede by die huis kom met ‘n splitting hoofpyn. Soos ons gewoonlik in die kolonie gedoen het, jaag ons toe hospitaal (QMC) toe met beweringe van breinvliesontsteking en tumors. Ek is binne 15 minute gehelp en die dokter het omtrent 30 minute aan my spandeer. Ek moet toegee mediclinic in die Bos het nie veel langer geneem nie, en hulle het ons op ons name genoem, na die derde keer.
    BTW, ek dink nie NI gaan vir NHS…

  4. Mannemerak, ek stem heelhartig saam dat Irak ‘n proper tameletjie vir Mr Blair is, daar is net geen wegkomkans van hierdie vlek op sy naam nie. Maar iets waaroor ek graag een of ander tyd wil blog is die verantwoordelikheid van leiers in die algemeen. Leiers is heeltemal (amper) aangewese op hulle raadgewes/onderdane. Vir leiers van sy statuur is dit onmoontlik om genoegsaam ingelig te wees en betrokke te wees oor al die onderwerpe waaroor hy ‘gesag’ het en besluite neem om op die ou einde werklik daarvoor aanspreeklik te kan wees. Dit kom seker neer daarop dat hy die regte mense om hom moet he en vertrou. Verder kan hy sekerlik dan ook nie krediet vat vir die positiewe goed nie, maar nou ja, dit sal kom op ‘n ander blog. Die feit van die saak is as dit net oor getalle gaan, outnumber sy goeie goed die slegte, maar op geweegde gemiddeldes bevark Irak “the people’s president” se nalatenskap.

  5. As huidige inwoner van die USA is ek effens verstom oor jou venynige aanval op die gesondheidsdiens hier. How come???

  6. skies…my vraag is gerig aan Pienk Z.

  7. Amanda, my ondervinding met VSA se gesondheidsdiens kom uit die 90s (meer spesifiek Louisiana), maar ek neem aan dit het nie veel beter geword onder Bush nie.

    Eers moet ek dit stel dat ek nie die kwaliteit aangeval het nie, die mense in die gesondheidsdiens is uitstekend, maar wel die stelsel (dieselfde vir die UK en SA om die waarheid te sê). No 1 is, geld is koning. As jy nie geld het nie, is jy in die moeilikheid. Dan is daar die HMO’s, wat geldbesluite met mense se gesondheid maak (gee ‘n dokter ‘n bonus as hy NIE die duur terapie aanbeveel nie). En dan is daar die prokerowers wie se skuld dit is dat die stelsel so geword het.

    Ek neem aan jy’s in ‘n mediese beroep, so jammer as my stelling jou persoonlik aangeval het, dit was nie my bedoeling nie. My vrou is ook in ‘n mediese beroep, en het hier en in die UK vir die staat gewerk, so ‘n persoonlike aanval op die mense in die stelsel sal rerig nie vir my sin maak nie.

  8. Pap, ek het gedink NI is vir medies, pensioen en dole. Maar ek is waarskynlik dan verkeerd. Privaatsorg is in elk geval heeltemal te duur vir die gewone mens daar, so ek sou nog steeds NHS met privaatsorg hier vergelyk. Nou kan jou argument natuurlik wees dat die gewone mens hier ook nie privaatsorg kan bekostig nie, wat dan vir my die uitklophou is, so ek bly nou maar stil😉

  9. PZ – nee ek is nie in die mediese wereld nie, wel in die mental health veld…wat gewoonlik ‘n “raw deal” kry van HMO’s. My ervaring tot dusver was heel positief van die medies hier…maar ja, HMO’s is ‘n totale pyn….AAHHNold hier in Kalifornie het egter die HMO’s goed vasgevat, so dit help baie. Die ironie is dat veral in my veld, mense op medi-cal (of te wel, staatsgesondheid) die “rolls-royce” van behandeling kry. Die arme siele met Privaat verskering vaar die swakste!!

  10. Gaan loer bietjie hier: http://www.photius.com/rankings/healthranks.html

  11. liewe hemel. 175ste, ten minste doen ons (RSA) okay met die belangrike goed, soos rugby en krieket.

  12. BiB daardie lys ruik na propaganda, subjektiwiteit of raaiskote. Ek kan nie glo dat Niger, Burkina Faso, Haiti en Ekwatoriaal Guinea bo SA is nie. Of dat Bangladesh bo Latvia is nie.

  13. Ekself vind dit moeilik om dit net so te glo. Jy sien, hoe ek daarop afgekom het: Daar was ‘n onderhoud op Larry King met Michael Moore en sy nuwe fliek “Sicko” gaan mos oor die VSA se swak gesondheidstelsel. En in die onderhoud verwys hy spesifiek na hierdie statistiek om te bewys hoeveel lande voor die VSA op die lys is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: