Verslaaf aan boerekos

clipboard01.jpg

Dit is hoog tyd dat iemand vir mevrou SJA de Villiers ‘n standbeeld bou, ‘n medalje gee en ‘n koek bak. Ek vermoed Joseph Pulitzer draai in sy graf om as hy hoor dat tannie Bessie (soos ons haar verkeerdelik met deernis noem) nog nie ‘n toekenning vir haar kunswerk gekry het nie.

Tannie Bessie het my al soveel van die lewe geleer, sy voel soos ‘n ouma vir my. Met ons onlangse verhuising na Little Britain © was ons in die pekel (p.76) en marakkas (, gebakte p.95), aangesien ons die resepte wat ons kon maak op een hand kon tel en alles in ‘n pan kon maak. Was dit nie vir hierdie wonderboek nie, sou ons honger gely het, of in siklusse van 3 dae vinnig verveeld geraak het. Sy het my geleer van witskons (selfs die pommies was impressed met die skons (p.126) hierdie naweek!), koeksisters (p.129), waterblommetjiebredie (p.192), hoender (oondgebraaide p.85), wortelkoek (p.139), karringmelkbeskuit (p.127), bobotie (p.80), ratatouille (p.97), lewer met suursous (p.26), marmelade (algemene metode p.217), piesangbrood (p.134) etc.

Maar tannie Bessie en haar wenresepte© is al lank in die land. Ek wonder of “Die Transvaler”© besef het hierdie tannie en haar boek gaan die koerant (en die provinsie for that matter) oorleef toe hulle in 1951 gesê het (en ek quote van die stofomslag)Hierdie kookboek is so kop en skouers bo boeke van sy soort, in watter taal ook, dat dit ‘n moet sal wees op die verlanglysie van elke huisvrou, jong dogter of verloofde nooi

By the way, ek dink tannie Bessie (okay, tannie Ina) het Englse gene, sy het die temperature van 100ºC-260ºC in 7 vlakke van warm ingedeel en elkeen ‘n naam gegee (Baie koel, koel, matig koel, matig, matig warm, warm en baie warm). Die boek loop oor van wetenskaplike metodes, soos om die temperatuur van ‘n oond te bepaal dmv die tyd wat dit ‘n stukkie wit papier neem om te verkleur! Sonder die geliefde antie sou ek ook nie geweet het nie, dat 500g = 750ml mieliemeel, en sou ek nie my pap kon maak nie. By the way vetvrye melkpoeier is 100g/250 ml.

As iemand miskien tannie Bessie se facebook / myspace / skype adress het, laat weet my asb. Sy bly blykbaar in Stellenbosch en gaan by die naam Ina.

~ by mieliepap on 30 May, 2007.

3 Responses to “Verslaaf aan boerekos”

  1. Nice blog! Watch the site of the year: http://www.desjaak.com A lifechanging experience!

  2. Ek sien ons gebruik dieselfde ‘theme’ vir ons blogs:)

    “die verlanglysie van elke huisvrou, jong dogter of verloofde nooi” – ek kan nie sE dat dit al ooit op my verlanglysie was nie, maar die kookboek het my ook al uit verskeie moeilike situasies gered.

  3. Die verlanglysie ding het my lekker laat lag. Ek kan al die boepens ooms op die strand verstaan as ek sien waarmee die mense in daardie tyd kos gemaak het, veral die diepvet en drupsel en stuff. Maar nou ja, lekker kos is nou maar net dit.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: