My gunstelling Pizza

Hierdie is my gunstelling pizza, gebaseer op iets wat ons by Ask geëet het.

Die bestandele:

Tube tomato puree paste (verkieslik sun-dried)

140g (75 g gedreineer) sun-dried tomato antipasto (songedroogde tamatie in olyfolie)

50~100g chevre blanc (sagte bokmelkkaas)

50g wild rocket leaf salad

Die metode:

Smeer die basis met tamatie pasta.

Smeer die pizza

Bedek die basis met stukkies sun-dried tomato antipasto

Bedek die pizza

Krummel stukkies bokmelkkaas oor

Bak vir 12 minute

Bak die pizza

Bedek met wilde rocket blare

Eet jou pizza

Eet die pizza. Dit gaan ook heel goed af saam met avo.

 

Ammendment: Hier is die pizza basis Pizzabasis

~ by mieliepap on 5 June, 2007.

9 Responses to “My gunstelling Pizza”

  1. Lyk lekker. Maar die groot vraag is, hoe lyk die basis? Self gemaak?

  2. Lyk baie lekker, maar waar is die knoffel?

  3. Hmmm. Ek is mal oor songedroogde tamaties.

  4. Ek het gedog dis ‘n kolwyntjie.. Maar ja dit lyk na ‘n orraaiterige pizza’tjie.
    Waar’s die geelkaas? of Mushrooms? en pynappel?

  5. Pienk Zuit, ek het ongelukkig nog nie die vaardighede bemeester om die basis self te maak nie. Ek sukkel nog genoeg met brood. Ek het die pizzabasis inligting bo bygevoeg.
    Boer, ek hou baie van die knoffel idee. My pizza just got better ! Ek speel ook met die idee om Tabasco by te sit.
    Melanie, mmmmmm, a.) nee nie hierdie keer nie, b.) nee, maar miskien as ek verveeld raak en c.) nee, oor my dooie liggaam pynappel op my pizza !!!!!.

  6. Waar’s die salami?

  7. ek het nou hierdie pizza twee keer gemaak sedert die post en kan 2 goed rapporteer
    – knoffel werk baie goed daarmee saam
    – parma ham werk baie goed daarmee saam

  8. Jy blog my sommer in ‘n groot hongerte in!

  9. ek het helemal vergeet, my pikkiepoepholskatkopliefiediefie het my herinner dat daar ook oregano op is!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: