Die (ander) wit draak

Ontmoet my nemesis.

Die wit draak

Ek besef al te goed dat baie Afrikaanssprekendes blog oor hulle skaamte vir onse mense se toilethumor maar … (moet dit dan nie lees nie)

 

Ek dink hierdie geheim is nou lank genoeg van vrouens ontneem. Hulle mag nou al stem en alles, so hulle gaan anyway binnekort uitvind. Eerder onder beheerde omstandighede nou as later.

 

Dames, julle weet hoe julle altyd in lang toue moet staan om die fasiliteite te gebruik ? Julle weet hoe julle altyd klagtes het van vuil fasiliteite, iets waaroor mans nie noodwendig so baie hoef te kommmer nie. Mans maak dan altyd asof hulle beter af is. Maar niemand het julle van die wit draak vertel nie.

 

Ek stel bekend die wit draak, ook bekend as die urinaal met “timed flush” funksie. Die een wat hier vertoon word is die een by my werk, kopie-reg Rolls-Royce. Die meganisme is eenvoudig: die bak (cistern) loop stadig vol en spoel elke nou en dan wanneer die vol geloop het. Die urinaal is ongelukkig gewoonlik nie van so aard dat die volle mag van die Niagara-spoel kan contain nie, wat beteken ‘n klein (alles is relatief) hoeveelheid van die water eindig met ‘n lae trajek op die vloer, dit is nou indien daar nie ‘n objek (lees ordentlike jong man) in die pad is nie.

Die murphyreel wat die wit draak so teisterend maak is dat dit elke keer afgaan tydens die proses van … bevryding uit nood. Die monster sit in afwagting, totdat jou gesigspiere begin ontspan en dan slaan hy toe met ‘n aanval wat die braafste man laat terug steier. Probleem is dat dit die laaste posisie en aksie is waarin jy wil begin steier, veral as daar ander mense in die omtrek is. Die “klein” hoeveelheid water wat teen ‘n lae trajek jou broek tref is genoeg om ‘n man ongemaklik te maak, dit noodsaak die steier. Menige ouens (okay, ek) het al probeer om die wit draak te fnuik deur byvoorbeeld ‘n falsetto te doen (if you know what I mean) om die aanslag te pre-empt, gereed om terug te spring, maar dan is daar net die salige gedrup van die waterbak wat vol loop, die dreigement van ‘n aanslag wat sal kom wanneer dit saak maak!

~ by mieliepap on 6 June, 2007.

5 Responses to “Die (ander) wit draak”

  1. Die ánder wit draak het ook al ‘n paar mans laat steier.

  2. idiwidi, wag daardie wit draak ook om toe te slaan wanneer die mans se gulpe eers oop is?

  3. Nee, dis meestal wanneer sý begin steier, omdraai en die hasepad kies.

  4. Kostelik! Wens ek kon dit in aksie sien, is seker dis snaaks. Beny julle egter nie. Daar is niks lekkerder as om rustig te sit en jou boude te ontspan terwyl jy jou nood(t) laat gaan nie . . .

  5. Een manier om dit te omseil is deur die flush funksie af te sit en net ‘n paar ysblokkies in die urinaal te plaas – hulle smelt dan tydsaam en spoel so al die drek en piepie weg. Boonop is dit heerlik lekker om in ysblokkies te urineer – om redes waarvoor ek nie woorde het nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: