Die vet koei se stert – beesstert resep

Dit is taamlik moeilik om beesstert in Snotingaham (die saxon naam vir Nottingham, beteken woonplek van die Snotte!) te kry. As jy dit in die hande kry, kos dit £6/kg, wat mal is as jy in ag neem dit is net been !

Die beesstert (1.5kg) word saam met 2 uie en 2 versnipperde knoffel huisies verbruin en dan in (baie) water (begin met so 750 ml en vul maar heeltyd op) vir altyd (3.5 tot 5 hr) gekook met die volgende: 10-15 ml naeltjies, 2 cubes beef-stock, 10 ml peper, 30-60 ml tomato paste, 30ml chutney, 2 suurlemoene se suurlemoensap(so 100ml), 2 eetlepels heuning en vir die laaste halfuur wortelskyfies.

en voila !

Boeretroos

Dit gaan baie goed saam met kapokartappels, veral as die aartappels kapok word in jou bord (i.e. skep heel klein aartappels in die bord en mash dit sommer so in die beesstert sous in.

Beesstert in die oond, met mashed potato

Comfort food uit die boonste rakke van die beessitvlakke!

Enige voorstelle is baie welkom, kritiek net op Vrydae🙂

~ by mieliepap on 7 June, 2007.

13 Responses to “Die vet koei se stert – beesstert resep”

  1. Maggies, lyk lekker. Vir die wat volstruisnek in die hande kan kry (nie te moeilik in SA nie), jy kan dit gebruik in die plek van beesstert. Dit het ook baie minder vet (geen vet om die waarheid te sê), so dis bietjie beter vir jou cholesterol.

    Die instruksies vir hoe lank om te kook laat my dink aan ‘n vriend van my se oupa se eenvoudige resep vir tarrentaal: Gooi die tarrentaal saam met ‘n baksteen in ‘n pot. Kook vir 9 uur lank. Gooi die tarrentaal weg en eet die baksteen, want hy gaan minder taai wees as die tarrentaal.

  2. Lyk lekkerrrr! Ek stem saam oor die volstruisnek. My gunsteling potjie om te maak, is juis volstruisnek. Hier in Korea is beesstert slegs ‘n droom en volstruisnek wetenskapfiksie!

    Zuit, jy laat my nou terugdink aan naweke op die plaas naby Ellisras. Ons het die tarentale altyd vir ure met in melk en ‘n bietjie joghurt gekook en dit was yummy-sag!

  3. Ek weet nie, die hele idee van ‘n stert is net te veel vir my om te hanteer. Hy gebruik dit om vlieë weg te waai, en as hy sy kos laat ontsnap uit sy agterstewe is dit die eerste ding waarin dit raak en al daai nie lekker dinge…
    so ek hou maar by die stukkie Steak.. Maar dit sal seker vir jou baie duur uitwerk daar.. Kom terug S.A. toe!!!!!!!!!!!

  4. Oi, dankie vir die sentiment Melanie ! Dit is nie verniet dat tannie bessie sê: “was deeglik !” nie. Maar jong, ek het al baie tyd in abattoirs spandeer en ek kan met gemak vir jou jou se dat die stert nie die grootste kommer hoef te wees nie. Ek onthou hoe die slagters altyd die sterte gratis gekry (gesteel?) het. Hulle het met die lang ding met die kwas in die hand huis toe geloop, jammer ek het nie toe ‘n kamera gehad nie.

    Funny ding is dat Ierse steaks hier so min of meer 60% kos van wat hierdie stertjie my gekos het (en die damn stert is omtrent 80% been !).

  5. Die resep klink baie lekker ! Ek het ‘n tyd gelede by ‘n vriend van my (Kiepie Carstens van Maak ‘n Las faam) gehoor hy dink aan Gerookte Beesstert.
    Ek het ons blokmanne gevra om vir my twee sterte te rook (hulle moet nog heel , en vars wees). By die huis gekom , het ek die Sondag dit voorberei en alles wat ek gebruik het neergeskryf. Dit was HEERLIK !! Agterna het ek dit ‘n paar keer weer gemaak. Ek dink dat as ek die pot vir ‘n kompetisie moet inskryf , dit loshande sal wen ! As iemand belangstel , sal ek my resep met so iemand deel.
    Vroendelike groete
    Kobus van Eeden
    084 208 3669

  6. Man, het dit nou ‘n paar keer gemaak en dit word nou een van my gunsteling disse. Ek het dit die eerste keer in Holland probeer and my hollandse vriende was aangenaam verras – hulle het dit nie geken nie.

    Probeer dit gerus!

  7. Dankie vir die terugvoer Johan!!

  8. Klink watertand! Wat vir my werk is om daai stert oornag te week in ‘n bottel rooiwyn. Dan los jy die stock en ander voggies. Dit verminder die gaarmaaktyd. Probeer gerus. Lekker eet…

  9. Kobus
    Kan ek daai resep kry
    Dankie
    Francois

    • Hallo Francois Jammer , ek het vandag per toeval weer hierdie bladsy opgeroep , en gesien jy vra vir die resep. Ek sal in die week wat kom , die resep weer opdiep en vir jou aanstuur. Lekker dag verder.

  10. Jammer om jou teleur te stel mieliepap- weet nie wie jy geken het wie sterte gesteel het daardie jare of wanneer ook al nie – my pa was 58jaar lank ‘n slagter by die slagpale en later die abbatoir – vir elke stukkie vleis wat nie gratis met ‘n promosie soos die skoubul wat geslag word aan die slagter gegee word wie die bees/bul slag nie het hy en my ma +- 18km na Ry & Kry slaghuis toe gery en sy vleis daar gaan koop. so ek dink daar is darem nog slagters met hul huisgesinne wie eerlik was/is.

  11. Hi mieliepap, ek val jou nie aan nie – ek sê/noem maar net. ek weet dat my pa-hulle afval soos pootjies, pens en sterte gratis gekry het tot in die 1980’s en daar na het die abatoir dit self verkoop aan die buitemense.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: