bliksem oppie eiland

die bbc beloof nou al vir ‘n week donderweer in die oosbinnelande (east midlands). vanmiddag het dit uiteindelik gekom. donder na donder en blits na blits het mammanatuur vir my ‘n gratis vertoning ssamgestel, soveel so dat ek moês uit die kantoor hardloop en in die reuse druppels moes rondspring – iets wat nie werklik aard by die Rolls-Royce kantoorkultuur nie. Die wolke het geroep en ek moes antwoord. Selfs die Nigerier in my span het gedink dis vreemd. Ek kon God se arm sien swaai in elke weerlig en sy roepstem in elke donder basuin hoor skree, weet nog nie presies wat nie. nou dat die grootste druppels klein geword het en die wolke ligter is, en ek verlang na my baby girl wat sondag van Uganda af terug kom, dwaal melktertkommissie se soulfood in my kopsang :

Dis koud, en die reen val, elke druppel word getel …

bestaan die Here, en sien hy my raak, bestaan daar engele wat oor my waak?

… ek steek my hande uit na jou, vra jou om my te onthou … in every bad is a little good

Ek voel jammer vir almal wat skade gely het agv die vloed vanmiddag, maar donder, dit was bliksems lekker

~ by mieliepap on 15 June, 2007.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: