vir wie blog jy

vir wie blog jy? blog jy vir jouself, om goed uit jou stelsel te kry ? blog jy vir jouself om iemand te he wat na jou luister? blog jy vir die saak daarvan, om gesprekke aan die gang te hou ? blog jy vir die lesers, om hulle lewens te verryk ? blog jy vir jouself omdat jy verveeld is en niks beter het om te doen nie ? seker iets tussen-in as ek moet raai.

het hierdie bloggery nou die verafgelee mens se manier van interaksie geword ? indien wel, is dit nogal hartseer. dit is baie stomp (en miskien selfs onbevredigend met die ewige afwagting). dit bevorder nie sosiale integrasie in die regte wereld nie (ek dink). vir elke keer wat jy kan uitgaan en mense ontmoet, blog jy eerder. integreer mens minder omdat jy blog, of blog jy omdat jy nie ten volle integreer nie? maak dit spasies vol, of is dit die oorsaak van spasies ? kan sosiale integrasie (in die regte lewe) met blogging op ‘n gesonde manier integreer word ?

hierdie is nou ‘n nice gemeenskappie, net soos een in die regte lewe. dit is moontlik om blogvriende te maak, en wat is dandie toekoms, gaan ons bloghuwelike hê, blogdope, blogbegrafnisse, blogegskeidings?

ek is nuut, maar ek vind dat ek nie wil emails lees nie, ek wil nie texts (smse) lees nie, ek wil nie telefoonoproepe maak nie, want daar kan dalk iets fenomenaal geblog word…

onwaarskynlik

ek gaan nou blogslaap.

(bygevoeg 17de Jun)

Die volgende beeld dit beter uit, op vriendelike leenreg van my swaer, Kublah Khan.

cobus01.jpg cobus02.jpgcobus03.jpgcobus04.jpg

~ by mieliepap on 16 June, 2007.

8 Responses to “vir wie blog jy”

  1. Ek dink ook dit is maar iets tussen in? Soos om iewers ‘n “precence” te handhaaf, en dalk, net dalk het jy iemand ‘n lag of twee besorg met jou blog.

    Groetnis

  2. Dit is ‘n vraag wat ek myself baie vra en wat ek in ‘n blogpos sal antwoord as ek dit uitgewerk het.

  3. Ek probeer net vir myself blog. As niemand dit lees nie, is dit ook OK. Die sense of community is wel tog ook ‘n baie lekker en spesiale bonus vir my wat ver van alles en almal Afrikaans is.

  4. Blog is vir my ‘n stokperdjie en ‘n baie lekker een daarby.

  5. Ek kan deels identifiseer met daardie prentjie…

    …maar slegs DEELS😉

  6. Ek het begin blog vir my familie en vriende, in plaas van lang nuusbriewe huis toe. Deesdae blog he gedeeltelik vir myself (die blog maak nogal ‘n mooi rekord van waar ek was en wat ek gedoen het) maar ook gedeeltelik vir my lesers. Ek is dol oor kommentaar en verpes “lurkers” – so ek kan nie eerlik se dat ek net vir myself blog nie! Ek het ‘n paar baie goeie vriende gemaak d.m.v. my blog – en ja, ek het hulle al ontmoet en ons kuier baie bymekaar. Ek en my man gaan aan die einde van hierdie maand op vakansie met my vriendin Johanna en haar familie. Ons sou nooit ontmoet het as dit nie vir ons blogs was nie.

    Ek hoor ook wat jy se dat blogs nie ‘n plaasvervanger vir regte sosiale interaksie is nie, maar ek dink ook dat as my bejaarde pa kon blog, hy baie meer sosiale kontak met ander mense (bv. karliefhebbers) sou kon geniet. Hy voel nie altyd veilig om die huis te verlaat nie en sy vriendekring krimp maar ook jaar na jaar. Of ek dink aan my ma wat in die laaste fase van nierversaking in ‘n rolstoel vasgevang was. O, sy sou blogging tog so geniet het – dan sou sy ten minste vir ‘n paar uur per dag uit haar rolstoel-tronk kon ontsnap het.

  7. Jeanne, ek het meer lesers soos jy nodig…

    My vrou het dieselfde as jy gesê, maar vir vrouens met pasgebore baba’s. Dit is ‘n baie goeie manier om in kontak te bly met almal. Ek begin nou bietjie beter verstaan wat ek daarvan wil he. Dit is meestal ‘n uitlaatklep vir my wroeginge en ‘n meedeel van my liefde vir kook en travel.

  8. Ek het ongelukkig nie baie tyd om te blog nie, maar doen dit sodra daar ‘n kans is. Vir my is dit om te ontlont en my eie dagboek om dinge te onthou en oor en oor te ervaar. Ek het al paar mense ontmoet op die blog en kuier lekka met hulle, so dit help. My familie het nie rekenaars nie, te veel kinders en geld. So ek kuier maar hier en daar en ontlont op myne!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: