phat cake – vetkoek resep

Gun my nog ‘n reseppie:

Om vetkoek te maak, gebruik ek Hovis “Just add water” 500g witbroodmeel (£0.72). Interessant genoeg se dit agter op die pakkie, gooi water en botter by.

Vryf 30 ml botter (£0.06) by die meel en gooi dan 300 ml warm water (£ weglaatbaar) by en knie/knieg (afhangend of jy Noord of Suid van die Oranjerivier leer Afrikaans praat het) vir so 15 minute tot die deeg nie meer aan jou vingers vassit nie.

vetkoek01.jpg

Bedek die meel met ‘n klam vatdoek en laat dit toe om vir 10 minute te rys in ‘n warm plek. Die oond op 40 grade C werk goed, so ook die boiler room. Druk die gerysde deeg saggies plat.

Breek stukke so groot soos halwe vetkoeke (😉 ) van die deeg af en pak dit op ‘n ge-oliede/-meelde oppervlak. Pak dit ver van mekaar af, ten minste ‘n vetkoekgroottespasie uit mekaar (nie soos in foto hier onder nie). Bedek dit met nat vatdoek (maak seker die vatdoek gaan die aan die gerysde deeg raak nie, dit raak messy) en laat dit rys vir so uur in ‘n warm plek.

Maak olie (so 10 cm diep ~ 0.5l olie £0.35) in ‘n pot warm en dompel die stukke deeg in die olie. Draai om as dit goud-bruin is en braai die ander kant.

vetkoek02.jpg

Pak die gebraaide vetkoek op handdoekrol en droog so veel as moontlik olie af.

£1.13 vir 9 vetkoeke. Nie sleg nie.

vetkoek03.jpg

Geniet saam met vriende. Moenie met warm olie werk sonder volwassetoesig nie. Kleur van produk mag varieer. Moenie olie hergebruik nie, veral as iemand, soos jou vrou, gaan agterkom.

~ by mieliepap on 21 June, 2007.

6 Responses to “phat cake – vetkoek resep”

  1. Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek ‘n vetkoek gesien het nie.

  2. Dankie! goeie blok…ek sal jou resep vertaal en op my blog sit vir die Engelse met wie ek kontak het…van hulle wil graag SA-resepte he en ek gaan foto’s oplaai van ‘n papdis stap-vir-stap…sal so teen more-middag op wees…groete!

  3. […] (or for something sweet, spread inside with syrup). Recipe in Afrikaans and photos on this site:Vet koekPhat cake On this site you can find a recipe for a bread machine! […]

  4. Vrek goeie resep, maar ek is vir nou weer terug in SA so ek het toe maar gewone brooddeeg gebruik (gewone ‘instant yeast’ broodmeel) en ek moet se, dit ongelooflik lekker.

    Jou resepte werk en geniet jou blog!

  5. Baie dankie Jacoba ! Ek sal sorg dat ek meer gereeld by die blog uitkom. Dit gaan effens woes, my vrou is onlangs met ‘n hoë graad swangerskap gediagnoseer en ons trek oor 3 weke Cambridge toe.. So tyd is min.

  6. Ek laaik die resep, maar ek sit vas met die olie temperatuur. Help!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: