finansiële add=vies
Dit grief my. Probeer bietjie ‘n hulplyn in die UK bel. Eerstens is dit ‘n 0870 nommer, wat beteken die maatskappy wat jy bel maak geld uit die oproep. Tweedens wag jy ure voor hulle antwoord. Derdens, as jy bel het die persoon wat antwoord ‘n vasgestelde script wat hulle volg en moet hulle elke keer wat jy bel van voor af begin en van die mees basiese punt begin, maak nie saak waar jy in die fout opsporings/oplossingsproses is nie.
Om dit alles te kroon het ek nou gehoor dat die banke se hulplynwerkers kommissie kry as hulle produkte aan jou verkoop. Nie net dit nie, hulle word actually verplig om ten teikens te behaal. Stel jouself dit voor. Die bank se telefoondienste word in twee gedeel – verkope en hulpdienste Die hulpdienste word nou kommissie betaal as hulle verkope maak en boonop moet hulle teikens behaal !!! Gestel jy bel die bank om jou adres te verander, gaan hulle vir jou ‘n huisverbant probeer verkoop. Gestel jy wil bel om te bevestig dat jou reisversekering in orde is, dan sal hulle ‘n reis-kredietkaart probeer verkoop. Hierdie bbc artikel tel dit nogal bloot.
Nee wat, hou op kla. Ten minste praat hulle Engels. Probeer daardie hele roetine herhaal met ‘n Sjinese stemmetjie aan die anderkant wat klink soos ‘n staccato gemanipuleerde opname van ‘n ballon wat afblaas terwyl die tuit styfgetrek word.
Telefoongesprekke met enige besighede in Korea is vir my ‘n no-no, want jy tref net Engels omtrent 1 uit 10 keer en dan is dit nie Engels nie, maar “Konglish”. Bygese, die telefoniese hulpdienste in Suid-Afrika gaan ook dikwels gepaard met ‘n wrede verkragting van die rooi taal!
En wat ek eintlik wou se….ek haat banke. Hulle is vir my bloot ‘n “nodige” euwel, maar ek ken ook seker te veel mense wat by banke werk…