jiffy-sakkie-afstand-beheer

ek het nou net ‘n ou herinnering van my jeug gekielie gekry. ek onthou hoe meeste van my vriende se ouers hulle afstandsbeheerders (tv/video remotes) in jiffy sakkies gesit. ironie is dat hulle dit gedoen het om die remotes vir langer te laat beter lyk, asof die jiffie sakkie die remote se skoonheid komplementeer. was dit uniek aan klerksdorp of het ander mense  soortgelyke herinneringe ?

~ by mieliepap on 28 June, 2007.

4 Responses to “jiffy-sakkie-afstand-beheer”

  1. Dit klink soos Taiwan. Ek was al in ‘n huis waar die skilderye teen die mure nog in die plastiekomhulsels was – ook sodat dit langer kan hou. Bid jou aan!

  2. Ek kan dit weer glad nie kleinkry as party mense die plastiese beskermstrokie op hulle selfone se skerms laat bly nie.

    En dan is daar die storie van die ou tannie wat haar matte met “plastic runners” beskerm het, maar later so erg oor die “plastic runners” geraak het, dat sy iets anders moes vind om die “plastic runners” mee te beskerm. Ken nie die einde van die verhaal nie!

  3. Nee, ek dink dis dalk iets uniek aan noord van die Vaal, want ek kan nie onthou dat ek ooit so iets gesien het hier in die Boland nie. Maar ek is wel een van daai wat nie die plastiek beskerming van my selfoon aftrek, of van my horlosie nie. Mens kan dit skaars sien, en dit beskerm die skerm vir langer, of hoe? My vrou trek dit egter af so gou as wat sy kan (myne ook).

  4. Ek het dieselfde probleem. My vrou kan nie wag dat ek my nuwe selfoon neersit nie, sodat sy die plastiek van die selfoon kan afpluk. Ek sny maar die klein aftrek-lippie van die plastiek af met’n sker in die hoop dat sy nie bedekseltjie raaksien nie, maar helaas.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: