kritiese massa

Ek het besef nou ek het die punt bereik met my blog, dat ek nie kan sê my ouers was sleg nie, want hulle lees die blog (nie dat hulle was nie, hulle was great !). Ek kan nie sê Visstok se asem stink nie, want hy lees die blog. Ek kan nie sê GW is ‘n terroris nie, want sy agente lees elke blog.

Die punt van hierdie blog is dat my vryheid in hierdie blog nou so aan bande gelê is dat mieliepap onder ‘n skuilnaam sal moet begin blog en sy eie site kry. Skaamteloos.

Sien, wat ek wil hê is om my idees met ander iemands te laat resoneer op die ooptes van die internet. Ek wil dit doen sonder beperkinge en inhibisies, sonder takt en sonder sosiale verantwoordelikheid. Maar in die proses raak mens nogal persoonlik en maak mens moeite met die blog. Jy deel so baie en gebruik so baie tyd, dat dit soms makliker is om net vir iemand jou URL aan te stuur as om vir die persoon ‘n uitgerekte email te skryf. Die probleem is dat jy dan dadelik jou anonimiteit verloor en onmiddelik word jy ingeperk. Dit is ook lekker as die mense wat jou blog lees jou verstaan en ken, maar jy verloor jou privaatheid en jou grense as jou kennise jou blog lees.

Ek brand om te blog oor ‘n gebeurtenis, maar ek kan nie, want die flippen persoon wie dit aangaan vereer my blog met sy teenwordigheid: ‘n dekselse irritasie vir mieliepap wat wil stoom afblaas, maar ‘n gebaar wat die vleis-en-bloed weergawe van myself eindloos waardeer.

~ by mieliepap on 30 June, 2007.

4 Responses to “kritiese massa”

  1. Jy’s nie al een met hierdie probleem nie!

  2. Ek weet waarvan jy praat! Jy kan nie vertel van die dom boks by die werk nie, asook nie van die slet in die vriendekring nie, want iewers lees iemand/almal . . .

  3. Ek kan identifiseer – selfs ‘n langverlore oom in … (wag, miskien lees hy ook jou blog…) het al my blog ontdek.

    Die volgende stap van ontnugtering waarin jou blog persoonlikheid begin oorvloei na die ‘vleis-en-bloed’ weergawe, is wanneer jou bloglesers die gewone jy op facebook ontdek.

  4. Catch 22 situasie, mieliepap. Toe ek in Swede aangekom het, het ek in Afrikaans begin blog sodat hulle nie kon verstaan wat ek skryf nie. Toe besef ek dat dit lafhartig is. Mens bly verantwoordelik vir al jou geskrifte en fotos (!). Ek moes onlangs fotos van my blog afhaal. Dit was nie aangenaam nie, en dus vra ek deesdae eers mense se toestemming voordat ek van hulle fotos neem en lig hulle in dat ek dit dalk om my blog gaan plaas. Niemand het sover geweier nie.
    Jou blog is een van die hoogtepunte van my dag. En nou gaan ek soos jou klasonderwyser klink: hou so aan.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: