insentief om te vertraag

ek het vandag besef dat daar insentief is vir vertraging.

Gestel jou werk is altyd betyds. Gestel jy verwyder struikblokke voor hulle opkom, jy werk jouself dood. Jy maak seker dat al die goed wat jou miskien later gaan pootjie is uitsorteer voor dit probleme raak. Wat gaan gebeur ?

  • Jy gaan vroeg klaar wees en niks doen nie
  • Jy gaan ander mense se werk moet optel en doen. Mense wat nie beplan en slim gewerk het nie. (slim?)
  • Die hoër vlakke van die maatskappy gaan jou nie leerken nie, wat detrementeel vir jou loopbaan gaan wees

As jy egter jou werk laat krisis proporsies aanneem en jy kry dit reg om jou suppliers te blameer gaan jy gesien word as iemand wat kan werk met moeilike supplier. Jy gaan identifiseer word om met uitdagende situasies te werk in die toekoms. Mense gaan goed sê soos: “gee daardie vir mieliepap, want hy weet hoe om met hierdie situasies te werk!”

QED, laat jou werk sloer en sien hoe jou loopbaan die hoogtes inskiet.
Ek het vandag 2 goed gedoen, ‘n 4/10 uitdaging met ‘n 10/10 sigbaarheid en ‘n 10/10 uitdaging met 4/10 sigbaarheid. Die maklike een het oneindig baie vir my loopbaan beteken. Die moeilike een niks.

Wag tot mense skree.

~ by mieliepap on 4 July, 2007.

3 Responses to “insentief om te vertraag”

  1. ek het verder besef dat daar nog voordele is om die kritieke produk af te lewer! Wanneer dit crunch tyd word, waneer al die ander mense se produkte klaar is en joune nog nie, dan kry jy skielik al die resource wat jy graag wil he, aangesien almal vir jou wag. Dit beteken dan ook dat jy al die slegte werk kan gee vir die ander mense. Verder kom jy dan met baie minder werk weg, want as mense desperaat is vir produkte, is hulle baie buigsaam itv kwaliteit.

  2. as jy ‘n hero wil wees moet jy bereid wees om jou eie krisisse te skep. as jy wil bekend staan as die een wat die kalf uit die put geskep het sal jy dikwels self eers die ‘n vet kalf in ‘n diep put moet gooi.

  3. of ten minste passief moet toekyk terwyl die kalf die put benader

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: