skatte van nottingham

Vir redes onbekend hou ek baie van Nottingham. Toegegee, ons het die hoogste misdaadsyfer in die UK, maar daar is iets aan die plek wat my gryp. Die plek het karakter en ken swaarkry. Dit is amper soos ‘n dorpie in die Noord-Kaap of (ou) Wes-Transvaal. (Van die) die tannies is grof, maar hemel het hulle diepte en uithouvermoë en groot harte en raakvat hande en partykeer selfs … snôre. Iedergeval, geval Notts my kwaai. ek het besluit om van my skatte met julle te deel, my Nottinghampêrels:

image000_resized.jpg

image002_resized.jpg

image005_resized.jpg

image016_resized.jpg

image017_resized.jpg

image020_resized.jpg

En net om te wys ek is nie halsoorkop en partydig nie, ‘n tikkie realiteit.

image013_resized.jpg

N.a.v. Pienk Zuit se versoek, bygevoeg20070714 21h52:

robin.jpg

~ by mieliepap on 12 July, 2007.

7 Responses to “skatte van nottingham”

  1. Nice foto’s!

  2. dankie. ek blameer nokia, dis lekker om altyd ‘n kamera by jou te hê !

  3. Waar’s die Robin Hood standbeeld dan?

  4. Baie mooi! Ek wonder net: As Nottingham die hooste misdaad in die VK het, dan vergelyk dit seker (itv misdaad) met ‘n plek soos Greyton of Onrusrivier in SA. Weet die Briite wat “hoe misdaad” beteken?

  5. PZ, ek gee toe.

    BiB, ek het so bietjie gaan loer en was baie verbaas om te sien dat RSA nie so sleg doen vs Engeland nie (en ‘n post word gebore). As jy gaan kyk na hierdie Suid-Afrikaanse stats vir die land en jy vergelyk dit met die britse stats (never mind Nottingham) dan lyk RSA glad nie so sleg nie ! Toegegee dit kan ‘n baie verwronge weerspieeling wees as jy goed in ag neem soos apatiese-rapportering van misdaad of wantroue in poliesie in RSA, maar ons residensiele-inbraak-syfer (5.8/1000) is baie naby aan Engeland s’n (5/1000). Waar RSA die koek heeltemal vat is met moorde (40/100000 vs 5.2/100000 vir Nottingham en 1.44/100000 vir Engeland en Wallis).

  6. Kyk ook na volgende link vir oorsig v internasionale misdaadstatistieke en probleme met vergelyking daarvan http://www.iss.org.za/pubs/CrimeQ/No.11/Altbeker.htm en
    http://www.iss.co.za/Pubs/Papers/49/Paper49.html – lg. het interessante prentjies oor hoe misdaad in SA versprei is tussen stede en ook binne stede… Dis bietjie oud, maar ‘n mens kan nie beter doen nie want die polisie publiseer nie meer die statistiek op polisiekantoor-vlak nie.

  7. Terloops: op een vd die webbladsye met die moordstatistieke vir Engeland en Wallis word daar in ‘n voetnota genoem dat die waarneembare spike in 2002/3 te wyte was aan die Harold Shipman moorde. (Ongelooflik dat massamoordenaar se aktwiteite wys op so grafiek?!) Maar ook interessant in die konteks van hierdie gesprek dat Harold Shipman ‘n seun van Nottingham is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: