baaibaaibraai
Labmuis se post het my herinner aan ‘n eie-in-aardige episode wat ons gehad het in Nottingham.
My vrou het met die stadsraad gereel dat ons in die park kan gaan braai. Ons het sosaties en braaibroodjies en boerewors en steaks gebraai. Dit was ons eerste (en laaste sover) braai vir die jaar. Ons was net klaar met die vleis toe’t ‘n wilde trop hoodies ons genader en kos geeis. Aangesien ons helemal outnumber was en helemal te veel kos gehad het, het ons toe maar vir die skobbbejakke ‘n ietsie gegee om te eet. hulle het geeet en toe footie gespeel in die park (foto hier onder). Kort voor lank het een van die vele volwasse kranksinniges in Engeland op die toneel verskyn en so paar keer om ons geloop en op ons geskree. Ek kon geen woord uimaak nie, maar hy was duidelik baie onsteld en ek was seker die mure of iets gaan inval na die sewende keer. Ek het gedink hy is dalk ‘n (crazy) greeny wat nie hou van al die rook wat ons maak nie (ja okay, my vuur het bietjie gesukkel). Toe die geskree uiteindelik ophou en hy besluit om ons alleen te los, het hy oppad uit die park op die hekkie begin skree. Ek het baie beter gevoel, tot die hoodies hulle braabroodjies kom eis het. (dit was toe eers gaar)
Die volgende Sondag was die malle in die ons kerk. Hy het heeltyd Tourette-erige opmerkings op die predikant geskree, soos: “You are lying”, kort na die predikant gesE het dat ‘n sekere tema regdeur die Bybel voorkom, mense moet hom maar vertrou. Gelukkig het hy na die kort voorwoord en voorsang uitgegaan, al mompelend.
Klink na n nuwe sport soort: Extreme braai-ing