baiesukkel – fietsfisika

al ooit gewonder hoekom ‘n fiets regop bly wanneer dit in beweging is ?

ek weet op uni het hulle vir ons die eksperiment gewys van die enkele wiel wat regop bly wanneer dit in rotasie is, iets soos hierdie

Baie mense sê dit is hoekom fietse bo bly maar inderwaarheid is dit blykbaar nie die enigste rede nie. Die rede lê dieper weggebêre in die sensasionele wêreld van fisika. Dit het uit te waai met die kragte van die voorwiel teen die pad oppervlak, wat ‘n outo-korreksie effek het.

Wanneer ‘n fiets sonder ‘n persoon daarop gestoot word, bly dit regop, selfs wanneer dit momenteel van stryk gebring word, soos in die video gedemonstreer word:

Wanneer daar 'n ryer op is, raak die fisika baie anders en die beheerstelsel agter die ding baie meer kompleks, soveel so dat hierdie persoon beweer dat ons dit nog nie behoorlik verstaan nie en hy het 'n baie groot deel van sy lewe aan die fietsfisika toegewy.

Klink vir my dit is amper 'n wonderwerk dat fietse werk. Onder andere beteken dit dat fietse met agterwiele wat draai , i.p.v. voorwiele wat draai, nie sal werk nie.

Lees gerus hierdie wikipedia artikel vir meer inligting.

~ by mieliepap on 26 July, 2007.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s