mieliekanker

Ons baie gawe Meksikaanse vriend meneer Victor het goedgunstig van sy ingesmokkelde Meksikaanse geblikte snuisterye aan ons afgestaan. Die eerste blikkie was redelik normaal: pampoen blomme in pekel. Die tweede blikkie was bietjie meer eksoties: mielie-gewasse (corn-tumors soos hy dit beskryf het). Laat ek dan die eerste een was vir jou sê, dit is afgryslik, pikswart en mushy. Die mielies word opsetlik met ‘n fungi infekteer sodat hierdie gewas, wat baie soos ‘n sampioen is, daarop groei. Dit word ook corn-smut genoem. Hier is meer inligting daaroor.

Sy instruksies was eenvoudig, “wrap in a tortilla with cheese and guacamole and eat.” Dit was lieflik.

mexican01.jpgmexican02.jpg

~ by mieliepap on 29 July, 2007.

5 Responses to “mieliekanker”

  1. Klink absoluut walglik wonderlik. Ek sal dit een of ander tyd moet probeer.

    Ek is seker sy instruksies het meer geklink soos : “wrap eeen a torteeeja with cheeese and guacamol and eeeet”.

  2. Hey PZ, long time ! Dit was ‘n lieflike ervaring, walglik inderdaad.

  3. Dit lyk net soos die “runbing” wat ek gister vir ontbyt gehad het. Myne was waarskynlik eerder sojakanker of so iets.

  4. Lekker, man!

  5. Ek moes ook in Meksiko hierdie blerrie huitlacoche probeer. Die hele idee & beskrywing het my glad nie aangestaan nie… maar “when in Rome” en al daai goed. Soos jy opmerk, alhoewel dit afgryslik lyk, smaak dit eintlik glad nie te sleg nie. My Meksikaanse vriendin is ook dol daaroor. Vir my geld sal ek eerder tacos al pastor eet😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: