Punting in Cambridge

Een van my gunsteling tydverdrywe in Engeland is om te punt. Dit geskied gewoonlik by my baby girl se alma mater, omdat ons daar afslag kry op die punts. Punting is heerlik. Ek kan nie regtig verklaar hoekom dit so salig is nie, maar dat dit so is is baie seker. Ek vermoed dit is bietjie soos om te hengel. Wat dit so spesiaal maak in Cambridge is natuurlik al die lieflike Colleges waar jy verby vaar.

dsc02637.jpg

dsc02648.jpg

dsc02652.jpg

dsc02661.jpg

~ by mieliepap on 30 July, 2007.

6 Responses to “Punting in Cambridge”

  1. Mooi, man!

  2. huh?? ek verstaan nogsteeds nie wat dit is nie, brei uit!?

  3. Mel, dankie vir die vraag. Punting is om in ‘n rehoekige bootjie in ‘n kanaal te vaar. Die aandrywing word met ‘n reuse stok gedoen, wat teen die bodem van die kanaal gedruk word om propulsie te kry en na die stoot-aksie as roer gebruik word. Die persoon wat die stoot- en stuurwerk doen staan aan die agterkant van die boot. Hier is bietjie meer inligting.

    Punting op die rivier Cam in Cambridge is veral spesiaal, omdat mens tussen die colleges vaar onder deur die mooiste brûe.

  4. Jinne, dis werklik mooi fotos. Kan mens seesiek word. Ek het laas op Potch se dam die visse “kos gegee”.

  5. Weet jy, na hoeveel jare hier het ek nog nooit gaan punt nie! Dit lyk altyd lekker maar ek bly bang vir dronk studente wat dink dis moers snaaks om van ‘n brug af te “bomb-drop” langs jou punt 😉 Maar my man het my darem al by die Thames opgeroei (na baie wyn!) in Henley. Tel dit??

  6. Jans, die eerste reël van Potchdam is duidelik: wat by Potchdam gebeur, bly by Potchdam. Nuff said.

    Jeanne, Ek het nog nooit dronk studente by die Cam-punting raakgeloop nie, net vrek baie (en paar nat) Japanese toeriste met reuse kameras. Wyn en punting is nie ‘n goeie idee in die son nie, so julle is veilig in die UK, veral hierdie jaar.

Leave a comment