hondekos resep

Ek het eergister my USB flash stick vir een van my kollegas geleen.  Gisteroggend het hy baie apologeties by my aangekom en om verskoning gevra omdat hy dit tuis vergeet het; ek was min gepla. Vanoggend het hy baie skaam en apologeties om verskoning kom vra omdat sy hond besluit het om ‘n paar bytes van my stick te hê vir middagete, my data bar in ‘n lunchbar en my memory chips in crinkle cuts te verander.

hondekos.jpg

Hy het my eers verseker om nie te kommer nie, want dit werk nog. Ongelukkig was dit nie die geval nie. Die flash chip is in twee gekloof deur Domino die donderse dom Dalmatier. Al wat dit die moeite werd gemaak het is die tipiese pommie ongemak met die hele situasie!

~ by mieliepap on 2 August, 2007.

5 Responses to “hondekos resep”

  1. Ek hoop hy koop darem vir jou ‘n nuwe een.

  2. lol…Flaffie het die hele ‘download’ ding bietjie verkeerd verstaan.

  3. Is die hond darem OK?

  4. Die hond is OK, nie dat ek omgee nie. Dit was gelukkig die werk se USB stick gewees.

  5. Dis eintlik grappig … die hond is seker nou ge upload!!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: