paarstrewe op facebook

Jeug is vermors op die jonges. As ek nou terugdink is dit vir my meer waar as ooit.

Een van die dinge wat my die meeste af .. ontstel is hoe mense van my streek trou en oppaar prioritiseer. Een van die belangrikste goed (van jonk af) op jou to-do lysie is: kry tog net ‘n huweliksmaat. Wees die perfekte metgesel. Die begin en alles draai om of jy hubaar is en of jy ‘n bemarkbare produk is. Ek praat veral van die meisies. Dit wil voorkom asof hulle nommer 1 prioriteit is om “vervul” te word met ‘n wederhelfte. Dit maak my die bliksem in hoe mense (veral die ma’s) van die platteland dink dat dit al is waarvoor meisies goed is en al is waarvoor hulle moet streef. Dit maak my so moerig as ek op facebook gaan soek na ou vriende van Matlosana (nee Klerksdorp) en ek al die foto’s sien van die babies in bikini’s wat besig om te pose, besig om hulle “allerbeste” aan die kamera/wêreld/enige jagse bliksem wat bereid is om te luister te verkoop. Het hulle geen selfrespek nie? Het hulle geen selfwaarde nie? Hoekom is wil hulle so gesien word deur die wêreld? Klaarblyklik is die belangrikste ding wat hulleself wil sê is dat hulle beskikbaar/sexy/verleidelik is?

Ek het oorweeg om van hulle name hier te spoegenplak sodat julle self kan gaan kyk, maar ek vrees vir die veiligheid van my gesin wat nog daar woon. Ek dink julle weet van die tipe meisie waarvan ek praat, dit is die chicks in bikini’s, onderklere of uitstalklere in sensuele poserings, wat baie keer die swembad of satyn lakens insluit.

Ek onthou hoe die ma’s die laerskool dogtertjies aangemoedig het om met die seuntjies te kuier en partytjies saam met hulle te hou. Hulle was van vroeg laerskool al gedruk om tog net deur die seuns aanvaar en gelike te word.

~ by mieliepap on 11 August, 2007.

2 Responses to “paarstrewe op facebook”

  1. Dit is werklik hartseer.

  2. […] (ek het al hierdie vraag in ‘n vorige blog gevra) soveel meisies hulleself in semi-naakdheid en wulpsheid adverteer op hulle facebook avatars […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: