hoe om sushi te maak – sushi resep

Die belangrikste deel van sushi maak is die rys.

Rys:

300 ml, 300 ml water, 4 eetlepels rysasyn, 4 eetlepels strooisuiker, knippie sout

Spoel die rys herhaardelik tot die water redelik skoon daardeur loop. Week dit dan vir ten minste 5 minute. Verhit die rys en die water tot kook en plaas dan ‘n deksel op die pot, verminder die hitte tot minimum en laat staan vir 15 minute (die rys stoom gaar). Moenie die deksel oplig nie.

Terwyl jy wag vir die rys om gaar te word. Los die asyn, suiker en sout op. Dit help om die spul effens te verhit.

Wanneer die rys uitkom, gooi die asyn-suiker by en meng dit versigtig in. Laat die rys om te verkoel.

Stuff:

200g rou tuna/salm/vis, 1 groot ryp avo, 1 komkommer/seldery

Sny vis, avo, komkommer/seldery in repies.

Proses:

Nori (seewier velletjies), wasabi (groen perderadys), bamboesmatjie, sojasous en gemmer.

Plaas ‘n nori op die bamboesmat. Smeer ‘n dun lagie rys op die nori velletjie met die agerkant van ‘n eetlepel.

Pak die stuffing aan die een kant op die rys.

Rol die bamboesmatjie op om die nori en stuffing. Pers dit goed saam.

Sny die rolletjies.

Geniet

sushi01.jpgsushi02.jpg

Natuurlik kan jy allerhande snaakse goed ook maak soos sushi-toebies. Dit help om jou bamboesmat te Glad-wrap en dit help om jou hande en jou mes klam te hou.

sushi03.jpg

~ by mieliepap on 30 August, 2007.

9 Responses to “hoe om sushi te maak – sushi resep”

  1. Hmmm. Ek’t nou net gewonder wat ek gaan eet vir aandete – nou sal ek definitief gaan sushi eet by my gunsteling sushi express restaurant.

    Jou sushi lyk heerlik, maar die lagie rys lyk ‘n bietjie dun. En hoekom gebruik jy nie jou hande nie?😉

  2. Want jy weet nooit waar daai goed was nie. Ek haat die sticky rys op vingers.

  3. Lyk my jy’s ‘n kok van formaat! Ek dink ek doen vanaand dieselfde as Idiwidi.

  4. EEEUUUUUWWWWW, ek hou niks van Sushi nie!! dis rerig net nie lekker nie, hoekom hou party mense daarvan en party nie??

  5. Mmmmm! Nooi my gerus uit volgende keer as jy iemand nodig het om te help sushi eet😉 Ek het die goed nog nooit self probeer maak nie – jy laat dit alles so maklik lyk!

  6. Jeanne, jys meeq as welkom. Ek en Beauty het altyd maagpyn van te veel sushi omdat ek bietjie weggevoer raak as ek dit maak.
    Ek skuld jou nog ‘n veggie braai resep, maar ek kon nog nie in Montle se streng slaai regime ‘n geleentheid vind nie. i o u

  7. Daar sal ander maande wees om deel te neem… Ek sal oor so twee maande my iou kom eis😉

  8. eks altyd reg vir Sushi – en erg ge inspireerd! dankie hiervoor – dit sal my honderde rande spaar – -ja so erg is dit!

  9. Baie dankie vir die resep. Gelukkig weet ek hoe om sushi te maak geleer by my vriendin. Ek gaan vrydagaand., vr my dogter van Potch maak. Dit is so lekker. Mens kan so lekker speel met dit.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: