Die kollektiewe vs. die individu

Eers ‘n erkentenis. Die missus is vanoggend Brighton toe om ‘n navorser te gaan sien. En toe doen ek dit: blaai na www.rsg.co.za Die predikant het gepraat oor goed wat my laat dink het aan ‘n kwessie wat vir my baie hoofbrekens besorg: Die verantwoordbaarheid, regte (o.a. bestaansregte) en funksie van die kollektiewe.

Soveel van die dinge waaroor ek deesdae dink eindig in dieselfde vraag: hoe verskil die individue van die kollektiewe ? Is daar faktore wat oordraagbaar is tussen die twee ?

Net as een voorbeeld hiervan: die predikant het gepreek oor 2 Kron 16, en gelees hoe God vir Israel sê hoe hulle lank genoeg gely het en hoe hy hulle verdrukkers gaan onderdruk en sy volk sal bevry. Dit is ‘n tema waaraan ons redelik gewoond is, God wat ‘n persoonlike (?) verhouding met sy volk het. God het gewoonlik ook ‘n verteenwoordiger, met wie hy dan ook ‘n persoonlike verhouding het. Die probleem is dat in die hedendaagse tyd, dra mense nie net God se beloftes aan Israel oor na hulle volke (Afrikaners) nie, maar ook na hom/haarself as individue. Die omgekeerde is ook waar dat mense God se beloftes vir individue oordra na volke. Die een uit 2 Kronieke is veral interessant omdat God sê dat die volk God moet vertrou. Hoe werk dit dan nou dat ‘n volk God moet vertrou ? As een of meer uit die volk God nie vertrou nie, tel dit dan as kollektiewe vertroue ? Is daar ‘n geweegde vertroue, i.e. as die belangrikste/meer gelowiges glo, dan tel dit meer as die minder gelowiges se ongeloof?

Dieselfde vraag kom ook na vore met die hele blaam game van apartheid. Is dit moontlik dat ‘n hele volk blameer word? Word daardie skuld dan op die kollektiewe volk geplaas? Indien wel, is daardie skuld ook oordraagbaar na elke individu ? (Ek besef daar is ook die tyd dimensie wat ‘n rol speel). Word die volk se skuld verminder deur die redeeming gedrag van ‘n paar individuele uitskieters soos Breyten ? Hoe werk vergifnis dan, word die volk vergewe as geheel of vind dit op individuele vlak plaas, of miskien beide ?

Sien God het ‘n hele paar keer laken (blanket) vergifnis gegee vir Israel, maar in die nuwe testament gaan dit oor individue.

Dieselfde vraag het by my opgekom na aanleiding van die manier wat Britse politici verantwoordelik gehou word vir sekere goed in die land. As daar te veel moorde is, dan het Gordon Brown nie sy polisie en policy werk gedoen nie. As daar te veel kinders druip, dan is dit Gordon se skuld. Maar hier is die probleem, dit hang tog seker van elke individuele kind af hoe hard hy werk en hoe suksesvol hy is. Ek verstaan dat die regering ‘n sekere beweegruimte skep vir kinders om in te leer, maar hoe kan ons die aanname maak dat daar ‘n direkte korrelasie is tussen die beweeegruimte en die gemiddeld van die individue se pogings ? Nerens staan iemand stil en oorweeg dat die twee nie noodwendig verband hou nie. Natuurlik is daar limiete/rantvoorwaardes, as al die handboeke verbrand word, gaan die individue nie kan leer nie, maar solank die speelveld wyd genoeg is, is dit oor na die kinders. Hoe kan Gordon verantwoordelikheid hiervoor neem ? Hoe kan een persoon verantwoordelikheid aanvaar vir die kollektiewe ?

Kyk ook na Madiba. Hy praat altyd van die kollektiewe en verwyder homself van individuele prestasie. Miskien is dit ‘n Afrika-manier van dink ?

As ek nou weer by God kan uitkom. Hoekom sê God in Mat 18:20 “want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” Hoekom glo ons dat wanneer meer gelowiges teenoor God staan is ons stem harder ? Is daar enige meriete in die stelling dat ‘n rugbyveld vol gelowiges se gebed God amper strong-arm in ‘n luister posisie in ? Daar is definitief gevalle waar Christus vir die individu voorskryf om sekere goed te doen en ‘n verhouding met individue het, maar miskien oorbeklemtoon die hedendaagse gelowige die funksie van die individu.

Miskien is ons mense deur ander mense. Miskien is ons gemaak om mekaar te vorm, ondersteun, lei etc. Die probleem is egter dat indien jy die grense van die groep nie alles oorkoepelend maak nie eindig jy met divisie/onenigheid. (As jy byvoorbeeld die ras lyn of landlyn of taallyn gebruik, gaan jy altyd iemand uitsluit, selfs as jy die Christen lyn, die Godsvresende lyn of algemeen gelowige lyn gebruik). Dit laat my wonder of die kollektiewe droom nie doodgebore is in die konteks van Christenskap nie. Hoe kan ons die kollektiewe Christene wees sonder om ander uit te sluit, en dus nie ons Christelike taak te verrig nie ?

Ek het nog baie om te sê, maar die post is hopelik te lank al reeds.

~ by mieliepap on 2 September, 2007.

5 Responses to “Die kollektiewe vs. die individu”

  1. Mieliepap: Die vrae wat jy hier aanrak is so diep jy kan maklik ‘n oscar wen daarvoor. Net oor hierdie opmerking: “Is daar enige meriete in die stelling dat ‘n rugbyveld vol gelowiges se gebed God amper strong-arm in ‘n luister posisie in ?” Ek dink die antwoord is: “nee”! Demokrasie is nie ‘n koninkryksterm nie. Ek dink nie God luister enigsins op ‘n ander manier na ‘n rugbyveld vol mense wat bid as wat Hy luister na tannie Judith in ons gemeente wat op haar eie bid in haar kamertjie bid nie. Ek dink ook baie aan hierdie individuele en kollektiewe vraag, maar kom nie regtig by ‘n sinvolle antwoord uit nie. Ek dink soms ons Christene se taak is juis om so veel mense as moontlik deel van die kollektief te maak. Ek dink dit is eerder die manier (werkswyse) wat uitsluiting veroorsaak as die boodskap. God het die wêreld liefgehad…
    Maar nou ja. Die sinvolle antwoord ontwyk my ook.

  2. attie, dit is goed dat jy by die gesprek aansluit. Ek het nadat ek die blog gepost het, terwyl ek gestort het (as you do) besef dat hierdie eintlik die oer-oue vraag vra: hoe kan die kollektiewe vir die sondes van een individu (Adam) betaal ? Hoe kan die sondes van die kollektiewe deur een individu (Jesus) se dade vergewe word ? Maar nou ja, tot dusver geen antwoord.

  3. Wow, soveel punte so min tyd.
    Wel, ek dink ons is almal individue voordat ons aan n groep/kollektiewe behoort, dus, ja mense is verantwoordelik vir hulle dade, al word dit deur n groep gepleeg.
    Dit hang alles af of jy glo dat deur die individue gelukkig te hou sal die groep gelukkig uitdraai – of die teenoorgestelde.
    Maar daar is nooit maklike antwoorde tot moeilike vra nie, anders sou dit al jare gelede deur die Grieke uitgesorteer gewees het.

  4. Baie goeie inskrywing! Ongelukkig het ek nie antwoorde nie. Ek glo egter dat baie van die siening van kollektiewe vs. individu le by elke individu. Sommiges sien hulself as deel van ‘n kollektiewe (of wil graag), terwyl andere nie deel van ‘n kollektiewe wil wees nie.

  5. Hierdie sake is voorwaar deel van die dowwe spieel! Ek glo egter nie die kollektiewe kan vir die sonde van die indiwidu betaal nie – wel dat die indiwidu (Jesus) vir die kollektiewe betaal het. Dit kon slegs gedoen word uit die groot liefde van die Vader vir die mens. Die kollektiewe is wel voor betaal, maar kom slegs in werking deur die indiwidu wat die Hand vasgryp wat uitgehou word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: