engelse gediertes aan bande lei

Miskien is dit nie snaaks dat Engelse kinders bietjie soos diere is nie, veral as jy twee goed in ag neem. Eerstens dat hulle ma’s (self nog kinders) in die publiek op hulle skree en vloek asof hulle nou net op die vars gewasde mat getjorts het. Tweedens omdat hulle soos honde aan leibande rondgelei word.

leashedkid.jpg

Een van die baie resultate, is dat hulle soos wilde diere in troppe van 4 – 8 rondloop en prooi soek.

yobsopstraat.jpg

beeste.jpg

~ by mieliepap on 8 September, 2007.

10 Responses to “engelse gediertes aan bande lei”

  1. Dis darem ‘n baie veralgemeende stelling wat jy maak oor kinders en hul ma’s in Engeland!

  2. Ja, jys reg. Bietjie suur vir swak ouers en onbeheerbare kinders. Dit is baie sigbaar in Nottingham en Derby se armer dele. Die beter kinders loop nie na ure in die strate rond nie, so ek het nie blootstelling aan gedissiplineerde kids nie

  3. Mieliepap, daai leiband is ‘n seening vir ‘n ma wat moet winkels toe gaan en ‘n kind MOET saamneem. Kinders het die vermoe om soos mis voor die son te verdwyn as jy hulle nie heeltyd vashou nie!

  4. ek wonder of daai leibande in amerika sal verkoop met die tagline “tag a canadian!”

    ehehehehe

  5. Goed goed, ek kan die praktiese deel van die leiband sien. Dit is maar net bietjie vreemd vir my. Ek hou nog steeds nie van Engelse kids nie!

  6. Mieliepap,

    Eerstens, as jy gedurig alleen met openbare vervoer en op openbare plekke gaan met ‘n woelige driejarige en as die betrokke driejarige al twee keer in ‘n winkel weggeraak het sodat dit ‘n span van tien vat om hom op te spoor, is so ‘n leiband ‘n praktiese idee. Ongelukkig het my seuntjie heeltemal teen so ‘n leiband gerebeleer en moes ons sommer onmiddelik daarmee afdoen. Seker sy vryloper Afrikaner gene wat deurslaan.

    Tweedens, ek kan jou verseker dat kinders wat jy aan so ‘n leiband sien definitief nie die kinders is wat later in troppe gaan rondloop en moles maak nie. Laasgenoemde kinders kom uit families waar daar geen aandag of opvoeding gegee is nie en waar kinders nooit op enige uitstappies van enige aard gevat was nie. Die leiband aan die ander kant sê twee dinge: 1) ek vat my kind op uitstappies en spandeer tyd met hom, 2) ek is besorg oor hom en gee vir sy veiligheid om. Jy sal nie sulke optrede vind by die yobs se ouers nie. Hulle hang van kleins af al in verwaarloosing in die strate rond.

  7. Dankie LM. Ek vra nederig om verskoning vir julle almal ! Ek hou nog steeds nie van Engelse kinders nie.

  8. Die Engelse kinders moet soos ‘n hond met ‘n ketting om die nek aan ‘n paal in die middel van die jaart vasgemaak word sodat hulle in die son kan sit en uit ‘n blikbak kan drink.

  9. vir iemand wat glad nie van breytenbach hou nie, gebruik jy darem baie soortgelyke metafore.

  10. Bertus!…ek dink jy moet ‘n afspraak maak by ‘n terapeut, synde daar beslis onverwerkte aggressie by jou teenwoordig is (overgezet synde…jou kop raas!)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: