en toe gaan ek Parys toe vir die groot slag

Ek vlieg moreoggend baie vroeg Parys toe.

hoenders.jpg

Ek is vol hoop vir die wedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland. My geliefde was gaaf genoeg om vir my ‘n kaartjie te kry vir die game.

My baas se baas se baas se baas het my telefoonnommer gevat, want hy gaan ook daar wees, in ‘n losie, besig om die Engelse te ondersteun. As SA verloor gaan ek dit hoor.

Ek het nou al 4 keer De la Rey opYouTube deurgeluister en voel hoeka asof my vrou opgesluit is in ‘n konsentrasiekamp.




~ by mieliepap on 13 September, 2007.

8 Responses to “en toe gaan ek Parys toe vir die groot slag”

  1. he-he – daai deel van jou vrou in die konsentrasiekamp is snaaks.

  2. Yeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeehaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa! Ek is bewerig van Bokkoors. Ek kon gisteraand amper nie slaap nie. Ek wil nie weet hoe ek gaan voel die aand voor die finaal nie (wat ons gaan wen). Ek wou vanoggend my Bok-trui werk toe aantrek, maar vroutjie het gesê miskien nie. Die kompromie is dat ek hom vir ‘n week lank mag dra, sonder om hom ooit uit te trek, as ons die finaal wen. Ek hoop die mense by die werk hou van my in ‘n Bok-trui!

  3. Liewe hemel maar dit was lekker (en ek het op die TV gekyk). Geniet daai gevoel, en vryf die Pommies se neuse daarin vir so lank as wat jy kan.

  4. Ag dit was die mooiste game ooit! Ek het klomp keer die kinders wakker gegil! En het daai klomp Engelsmanne gebloei? Ek was sommer weer vir ‘n kort oomblik weer TROTS SUID AFRIKAANS… ag okey, ek is trots op Suid -Afrika het net koerant gelees en dit spreek boekdele… Glo jy het dit darm geniet!

  5. LOL. Ek het dit net so baie geniet. Ek het na die game vir 5 ure in Parys rond geloop en vir die arme Pomme-ASBO-kolonialiste (waarvan daar meer as genoeg was) gelag terwyl hulle hulle “sorrows drown”, it’s the English way. Ons verslaggewer rapporteer verder by click

    Donderdag is ‘n siviele-drag-dag by die werk. Jy kan dink wat ek gaan dra.

  6. En? Sit jou springboktrui nice? LOL! Hoekom dink ek jy is nie baie populêr vandag nie? Maar dis mooi van jou! Geniet dit!

  7. Lieflik! Ek gaan dit vandag weer aantrek.

  8. Oraait dan… lol! Jy vryf daai sout behoorlik hê? Laat mamameeu nou net die trui was dan kan jy hom volgende week weer aantrek! Ai…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: