Nigeriese Jollof rys resep

Jollof rys word altyd met hoender bedien, so die naam is reeds ‘n misnomer, jammer. Hierdie resep met die vergunning van ‘n vriend, Obafemi. (Sy naam beteken of ‘trou met my’ of ‘Liefhebber van God’)

Wat jy nodig het is:
Bietjie olie
2 rooi pepers; ontsaad,
2 blikkies chopped tamaties,
2 van die warmste rissies waaraan jy kan dink (verkieslik Scotch Bonnet-foto); ontsaad
2 uie, fyn gekap
1 groenteblokkie (Nigeriërs sweer by Maggie cubes)
250 ml Maklike-kook (Easy cook) rys (sien onder)
15 ml Madras kerrie poeier
5 ml Tiemie

Wat jy doen is:
Versap alles behalwe die rys.

Braai die versapping vir 10 minute in ‘n pot (pas maar op vir die spatsels)

Gooi die Rys en 500 ml water by en laat die kook vir 30 minute.

jolof-rys-01.jpg jolof-rys-02.jpg

Bedien met ‘n Hoenderkwart wat teen 180 grade C gebak is vir 20 minute aan elke kant.

jolof-rys-03.jpg

Verbeteringe : 1 Maart 2008.
Ek het in hierdie week hierdie resep verpeter en ‘n mieliepap-twang gegee.

Wat jy ekstra nodig het is:
100 g anchovies.
2 eetlepels capers
1 suurlemoen
Risotto rys.

Wat jy van nou af doen is:
Verander die easy-cook rys na risotto rys, dit proe soveel beter !
Braai die ui tot deursigtig. Voeg die rooi peper by en braai vir so rukkie. Gooi 1 huisie knoffel (gepers) by en braai nog ‘n titseltjie. Gooi sap van een suurlemoen by. Voeg nou die tamatie by en curry by en braai vir so minuut of wat. Gooi nou risotto rys by en roer dit goed in. Gooi groenteblokkie opgelos in die water stuk stuk by terwyl jy roer. so 5 minute voor die einde, gooi 100g fyngesnyde anchovies en twee eetlepels capers by en roer dit goed in.
Die verbeterde resep is 5 keer beter.

~ by mieliepap on 19 September, 2007.

2 Responses to “Nigeriese Jollof rys resep”

  1. Dit lyk fabulous. Ek dink ek gaan dit sommer binnekort probeer maak.

  2. Kan nou werk, ek is vrek honger! Kan jy nie maak en vir ons DHL nie, ek sien hulle het helikopters… mos gehelp met die bou van die piramides in Egipte.. dis nou as jy die advertensies kan glo! Dit lyk devine!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: