Vier ure en ek kan nie meer nie

Ek kan of die vrou mal maak of net die blog tik. Ek wil niee ‘n mal(ler) vrou hê nie.

Ek is besig om heeltemal uit te freak. Ek het probeer om bietjie boek te lees om my senuwees te kalmeer, maar nee. Ek dink aan niks anders as Habana met ‘n bal in die hand oor die doellyn nie. Ek kan nie ophou dink aan Juan of Fourie wat losbreek en die wendrie druk nie. Ek is liederlik rugbymal soos ek nou hier sit. Ek moes vanmiddag besete begin rondbel om houtskool in die hande te kry, want vanaand braai ek, come hell or high water. Vanaand gaan Nottingham ‘n stukkie Wes-Transvaal word, en gaan hierdie verlangende hart gesus word met ‘n tjoppie, ‘n worsie, ‘n pap en sousie en ‘n bier. Om my aan die slaap te sus, gaan die bokke die pomme vertrap.

Ek glo nie dit gaan ‘n vernedering vir Engeland wees nie, dit sal close wees, maar wen MOET ons. Ek was laas so opgewonde in 1995, en toe’t ons hom gevat.

Daar is so paar goedjies wat my pla. Ek dink Engeland gaan ons van die bal smoor, ons gaan min daarvan sien. Dus sal ons ewige geskop-taktiek nie werk nie, as ons die bal het gaan ons dit in hand moet hou en nie weggee ten enige koste nie. Obviously gaan daar nie baie drieë wees nie, wêreldbekerfinale werk nou maar net nie so nie, so ons gaan di ebal tussen die voorspelers moet hou. Om hemelsnaam, net nei wegskop nie. Ons moet op ons beur sorg dat hulle nie die bal in die hande kry nie, hulle agterspelers is nie so useless soos hulle in 36-0-gate gelyk het nie, en hulle sal ons uitdaag as ons vir hulle die kans gee. Verder dink ek ook ons moet baie gedissiplineerd wees. Die Engelse gaan duidelik probeer om ons te frustreer en om ons ouens kwaad te maak. As ons vir Johnny die kaans gee, skop hy ons terug huis toe. So om op te som, starve hulle van die bal en speel baie gedissiplineerd.

Okay, dit is al, ek moet nou eers bietjie op en af loop om die senuwees te ontspan.

Wat ruik so ? Seker die springboktrui wat ek nou al twee dae aan het.

~ by mieliepap on 20 October, 2007.

3 Responses to “Vier ure en ek kan nie meer nie”

  1. Klassieke simptome van bokkoors! Ek het dit ook Saterdag gehad. En my plan was om vandag my bok trui aan te trek werk toe, maar hy stink ook te veel na 2 dae se dra.

  2. Smile jy darem nog? Of is jou kake te lam van al die ‘tande wys’*???

    *’n Kaapse gesegde vir een wat baie lag: djy wys tandtjies…

  3. Dit was pragtig nê? Geen drie nie maar dit was pragtig. Hoop mamameeu het nou al daai trui gewas, ek dink sy kan nie wag om hom weg te pak nie! Ja ons weer almal trots Suid Afrikaans!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: