die immigrasie seties

So ek is maar net 0.00002% van die 2% van Suid Afrika wat veilig (vervelig) in die Verenigde Koninkryk sit en Suid-Afrikaanse wyn drink en Laurika Rauch luister.

 

‘n Vriendin het onlangs vir my JM Coetzee se Disgraced geleen nadat ek Annatjie Krog se Tongval so opgeslurp het, soos al die ander wesies hier…

Wat die boek wonderlik uitbeeld is die gevoel van teenstand en ballingskap wat blanke volwassenes in Suid-Afrika ervaar, en hoe die jonger geslag aanpas op maniere wat vir die oueres soos self-verraad mag lyk. Verder, en meer dringend en belangrik, het die boek my diep getref op die vlak van verkragting. Die hulpelose (blanke) vrou se oorweldiging deur magsvrate wat haar alles ontneem. Nog altyd het ek geweet verkragting is ‘n gruwel, een van die se mens se sielsiekste skeppinge nog, maar nog nooit het die woord my so aan die kern geskud nie. As ek die woord nou hoor kan ek nie help om naar, magteloos en fokken kwaad te voel nie.

En nou vir die deel wat ek versigtig sal probeer hanteer, en sonder om myself as rassis uit te beeld: Hoekom verkrag swart mans wit vrouens ? Ek weet daar is alle-kleur mans wat alle-kleur vrouens verkrag, maar ek wil nie nou daaroor praat nie. Hierdie is mynsinsiens ‘n perd van ‘n ander kleur. Dit is asof dit die uitleef en realisering is van haat en wraak: So my lewe is kak, ek skuld jou nog en ek haat jou so ek verkrag jou vrou. Ek probeer myself in die situasie indink, waar ek sonder ‘n ma en ‘n pa groot geword het. Ek probeer verstaan hoe dit voel om in ‘n sink-shack te bly en ondergeskikte skool moet besoek sonder die nodige middele;die waarheid is ek het GEEN benul nie. Maar gestel ek het hierdie haat in my diep weggesteek en ek het nodig om te steel en roof om aan die lewe te bly. Ek stap in ‘n huis in waar ‘n gesin sit en wat ook al doen. Ek maak ‘n geraas en maak seker hulle weet wie is baas en wies in beheer, en dan, sluit hulle in ‘n kas toe of iets, terwyl ek vat wat ek wil, hulle aandete eet ens. Wat gebeur dan in jou kop, watter gedagte laat jou dan dink: Hey wag, ek kan nie gaan sonder om hierdie man se vrou te vat en myself in haar in te forseer nie. Is dit bloot ‘n vreeslik-vleeslike behoefte wat bevredig moet word, soos honger of dors ? Is dit dat net om seker te maak dat jy die slagoffers verneder ? Kom dit saam met die gebied/mindset van steel (rape and pillage) ? Waarom ? Waarom dit ? Die woord rape kom van die Latyns rapere, wat o.a. steel beteken. Dit is effektief wat jy doen. Jy steel iemand se vrye wil. Jy steel iemand se privaatheid. Jy steel iemand se menswees. Jy steel iemand.

Dit is seker al goed geyk (is dit hoe mens dit spel?), maar ek glo dat verkragting gaan oor mag. In hierdie spesifieke geval van swart mans wat inbreek en redistributive action neem, go ek dit gaan daaroor dat die swart mans (probeer?) wys dat hulle in beheer is. Ons kan maar seker eerlik wees en erken dat magte nog nie ewewigtig verdeel is in die land nie. Ons kan ook maar eerlik wees dat in die tradisionele Afrika-kultuur mans meer mag het as vrouens. As jy die laaste twee stellings kombineer, sit jy met ‘n wit man en wit vrou, wat meer mag het as ‘n swart man, terwyl hierdie swart man dink dat hy meer mag as vrouens behoort te hê en (regverdiglik) dat hy soveel mag as die wit man moet hê. Hoe kry hy dit? Deur die vrou se mees private skat te steel en vir haar hele lewe in haar gedagtes en drome (nagmerries) te in te grawe. Deur die man se eer te steel en te wys dat hy nie sy vrou kan beskerm teen hom, die magtige, nie. Deur die man en vrou se verhouding vir altyd te skend. Q.E.D.: as jy al hierdie goed kan doen, is jy taamlik magtig relatief tot die brose slagoffers.

 

Miskien sit ek die pot mis (wat ‘n kru uitdrukking!). Miskien het dit niks met ras uit te waai nie. Besef jy Suid-Afrika het 50 000 gerapporteerde verkragtings in 1996 gehad ? Besef jy dat Suid-Afrika nie net wêreldkampioene op die rugbyveld is nie, maar ook los voorloop in die verkragtingsveld? Daar is 1.2 verkragtings vir elke 1000 persone, m.a.w. seker so 2 per duisend vrouens.

Ek sit vanaand hier in Nottingham en my dierbaarste vroutjie, my ma, my sussies, my skoonma, my vriendinne is almal in Suid-Afrika. Hoe kan ek rustig wees ? Hoe kom ek terug daarnatoe en slaap rustig.

Is dit nie in almal se guns as ons so gou as doenbaar vir alle mense eweveel mag gee nie ? Ek regverdig GLAD nie verkragtings nie, maar ek dink wel die tydbom wat mags-onewewig is, moet ontlont word.

~ by mieliepap on 3 November, 2007.

9 Responses to “die immigrasie seties”

  1. […] Mieliepap spekuleer oor verkragting in SA, en die rol wat ras en mag daarin speel.   Maar Anthony Anderson  is ‘n voorbeeld van uiterste wreedheid waarmee ek deesdae worstel.  Hy is blank, soos sy slagoffer, en hy het nie in ‘n sink-shack grootgeword nie.   Hy was welvarend genoeg om homself by Youtube te vermaak – vergeleke met SA se plakkerskamp-bewoners het hy baie bevoorregde lewe.  Tog is sy opperste wreedheid, en gebrek aan empatie met sy slagoffer, na my mening soortgelyk aan SA se verkragters.  Ek glo dat as Anthony Anderson gedink het hy kan daarmee wegkom, hy ook sou moor en verkrag. […]

  2. Swaarkry is nie in ‘n sink-shack in die Vrystaat uitgevind nie, en die geslagte swart jongmense wat onder apartheid grootgeword het was nie die eerste geslagte jongmense wat ‘n kak deal gekry het nie. As mense dink ‘n Mandela of ‘n Thambo onder apartheid was erg dan moet hulle ‘n Cohen in 1940 Berlyn probeer. Die geskiedenis byt almal vroeër of later in die gat, ons 20ste eeuse produkte van ‘n Westerse middelklas is ‘n baie klein en besonders onlangse uitsondering.

    So ongeag die omstandighede, en ongeag die ras van die mense betrokke, wat op aarde maak tienduisende Suid-Afrikaanse mans so besonders dat hulle hulself so ‘n reg toe-eien? Kan ons sê hulle kry soveel swaarder as enigiemand anders, of is soveel slegter as enigiemand anders, of voel soveel meer verneder as iemand anders? Vrae wat nie maklik beantwoord kan word nie, dink ek.

  3. ek het nie ‘n antwoord nie, maar ek kan jou sin vir jou herfraseer:

    “So my lewe was nog altyd kak, en almal om my se lewens is ook kak, en omdat jy nog steeds fokken ryk is en jou 2.43 kindertjies rondry in jou middelklas motor en ek gister nog steeds die stukkende petrolpomp langs jou supermark moes fix, nie opgevoed is nie, hoegenaamd geen exposure gehad het met feminisme en vroueregte ensomeer nie haat ek jou, so ek verkrag jou vrou. en fok jou.”

    oordryf ek?

  4. bygesê – ek dink dis tyd dat ons nou ophou verskonings maak soos “ek is nie ‘n rassis nie, ek wonder maar net”. ‘n werklikheid is ‘n werklikheid.

    (hiermee sê ek nie ek stem ten volle saam met jou hipoteses nie.)

  5. Anton, wat jy se is waar.

    Johan, so nou kan my ma (Maltabela🙂 ) ook die blog lees, dankie !

    Die vraag wat ek vra is nie of dit regverdigbaar is nie, want dit is nie. Die vraag wat ek vra is wat is die motief. Hoekom ? Wat bring een mens so ver?

  6. Ek worstel geweldig met hierdie selfde vraag. Gewoonlik raak ek ‘n bietjie emosioneel wanneer ek daaraan dink, so ek probeer om dan nie te skryf nie. Verkragting is natuurlik ‘n vertoon van ‘n gespook na mag, maar nie alle magtelose mense verkrag ander nie. Ek dink die geweldige syfers van verkragting in Suid-Afrika dui op ‘n kritieke tekort aan respek vir vroue. Die wandaad word bloot nie in so ‘n ernstige lig gesien, soos wat dit werklik is nie. Die magsbalans wankel nie net sosio-polities op een vlak tussen swart en wit nie. Die grafiek het ‘n vertikale en horisontale as. ‘n Groter wanbalans bestaan nog in die waarde persepsie van mans en vroue. Waarom is almal so uitgesproke wanneer ons praat oor swart en wit, maar wanneer die woorde man en vrou genoem word, is almal se monde gesnoer?

  7. Baie geldige vraag. Dit maak mens amper te ongemaklik om daaraan te dink. Dit is sekerlik juis die tipe vrae wat ons moet streef om te beantwoord. Ek vlieg oor 12 ure Atlanta toe vir 10 dae. Wanneer ek terug kom, het ek hopenlik ‘n antwoord van ‘n soort.

  8. Is ‘n ‘maak-dink’ ene die, en scary, veral dan nou ook vir my as vrou!!!

    Goed gedoen!!!

  9. […] ruk gelede het Idiwidi die vraag gestel, hoekom ons almal so vinnig op ons perdjies is wanneer dat swart en wit vrae gestel word, maar […]

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: