lam boontjie bredie

Braai 1 kg lam skenkels (gooi eers sout en peper oor) in ‘ baie warm pan en bietjie olie vir so 5~10 minute. Verwyder die lam en braai een chopped ui tot bruin, voel 2 chopped huisies knoffel by en braai vir ‘n minuut. Verwyder alles uit die pot. Voeg 10 klein aartappeltjies in die bodem gevolg met die vleis, uie, knoffel, die sap van 4 suurlemoene, 4 teelepels peper en 500 ml kookwater met ‘n vleis-ekstrak (beef stock) daarin opgelos. Laat dit vir 40 minute bedek kook. Gooi 500 gram groenboontjies by en kook vir nog 15 minute. Skep al die vaste-stowwe uit in ‘n bak. Sif so 2 eetlepels meel in die oorblywende sous en los dit daarin op. Gooi die sous oor die vaste-stowwe.

Bedien met rys.

Opgedateer 1 Mar 2008.

Ek het vanaand besef ‘n baie beter idee is om die rys in die oortollige vloeistof gaar te maak. So verander die resep bo. Skep al die vaste goed uit die pot as dit gaar is en kook (verkieslik ) Basmati rys (rou) in die sous (voeg knippie sout by) tot gaar. Jy gaan miskien bietjie kookwater moet by gooi om dit gaar te kry. Los die meel idee, dit werk nie so goed nie. Dit proe ongelooflik lekker, ek belowe. Ook, ek het net 2 suurlemoene in die huis gehad, en dit was fine, so gebruik miskien sap van 2 suurlemoene…

~ by mieliepap on 1 December, 2007.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: