Driehoekboud

Ek bespeur die laaste tyd iets wat my verskriklik pla. Ek is nie bang vir oudword as sulks nie, maar iets wat ek vrees en al hoe meer oplet by (veral Afrikaner) mans is iets wat (in my kop) bekendstaan as Driehoekboud.

Ek hoop ek is nie die enigste heteroseksuele man wat dit opgelet het nie.

Die eerste keer wat ek Driehoekboud gesien het, was op die trappe agter ‘n ouerige man, van wie ek weet dat hy ‘n abdomenale afwyking/probleemtjie het (meer detail is nie beskikbaar nie, ek bonop wil ek nie meer inligting he^ nie). Ek het daarom aangeneem dat hierdie geliefde bejaarde man ‘n volwassedoek dra, en dat hierdie bultende driehoekboud ‘n manfestering is van die man-size nappy.

[Nou bid ek saggies dat ek wil nie soos daardie kommin leeulopende poephol klink nie]

Tot my spyt het ek egter sederdien agter ander bejaarderige mans by trappe opgeklim en …. Wel, hulle het ook driehoekboud gehad. Van hulle is geneties aan my verwant, so ek is baie bekommerd dat ek ook driehoekboud gaan kry en oorweg huidiglik baie ernstig om solank ‘n polis uit te neem dat ek op 50~60 ‘n boud-lift kan kry. [ek sien ‘n wonderlike patent-geleentheid = ipv wonder-bra: wonder-butt]. Ek vermoed Driehoekboud is miskien ‘n volwasse wergawe van plat-bout, waaraan baie blanke mans ly.

Vir die wat nou nog nie Driehoekboud gesien het nie. Die skerp punt, wat aarde toe kyk, lyk ontstellend baie soos ‘n  perd se lippe terwyl kort gras eet. Van daar gaan dit egalig uit na die heup-area in ‘n driehoekvorm.

~ by mieliepap on 15 January, 2008.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: