Hoender, avokado, tamatie en ui op ‘n bed van krummelpap

Hierdie resep is my interpretasie van iets wat ek in Uganda gesien het.

Bestandele:
6 tamaties, baie fyn gechop nadat die sapperigheid en pitte verwyder is.
2 uie, baie fyn gechop
2 eetlepels balsamiese asyn
1 teelepels tamatiesous
1 eetlepel suiker
2.5ml sout en 2.5 ml peper
1 eetlepel vars koljander, fyn getjop.

1 koppie mieliepap (of couscous)
2 avos

4 hoender filette met ‘n Nando’s sousie.

Maak snitte in die hoender filette en week dit in die Nando’s sous vir so halfuur. Braai dit dan ‘n ‘n baie warm pan vir so 2~3 minute aan elke kant.

Meng die tamatie, uie, balsamiese asyn, suiker, tamatiesous, koljander en sout en peper in ‘n slaaibak, pak dit in ‘n klein ronde poedingbakkie se onderste helfde.

Maak nou so 75 ml water kook warm in ‘n pot en gooi dan die mieliemeel daarby terwyl jy baie woes roer. Stel die oond af en maak ‘n klein holte in die boom van die pot en gooi stuk stuk water by terwyl jy woes roer en nou en dan die pot bedek (‘n ‘n paniekerige poging om die pap gaar te stoom) . Na so 10 minute se sukkel sal die pap gaar wees. Gooi so bietjie botter en sout by en roer dit in. Pak mieliepap bo-op die slaai in die poedingbakkie en stamp dit goed vas.

Draai nou die poedingbakkie op ‘n bord om. Sit snye avo bo-op die hopie. Plaas die hoender bo op die avo.

~ by mieliepap on 23 January, 2008.

7 Responses to “Hoender, avokado, tamatie en ui op ‘n bed van krummelpap”

  1. Hmmm… lyk lekker. Sal dit probeer.

  2. ai tog dit lyk goed, net n jammerte a lwat ek daar in sal eet is die hoender en pap…πŸ˜†

  3. Eish…… dit lyk ONGELOOOOOOFLIK lekker!!!
    πŸ™‚

  4. hmmmmmmm… ik krijg er geewoon te veel honger van https://mieliepap.wordpress.com/wp-includes/images/smilies/icon_lol.gif https://mieliepap.wordpress.com/wp-includes/images/smilies/icon_lol.gif haal het weg aaaaaaa de verlijding.
    ik ga morgen naar macdonalds !πŸ˜€
    en het lykt me heerlijk, te heerlijk en ik kan er gewoon niet tegen .
    het is te lekker tè tè tè lekker.
    ik vind het een leuke site en wel een site waar je honger van krijgt .
    doei doei en xxx-jes sara

  5. πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€

  6. Lyk darem maar lekker!
    Ek gaan hierdie een bookmark en uitprobeer.
    (soos baie van jou ander resepte)

    BTW, ek het op jou blog uitgekom toe ek op soek was vir ‘n vetkoek resep.

  7. sterkte, veral met die pap, ek sou eerder couscous gebruik as ek dit moes oormaak. Ook het ek vergeet, daar moet vars getjopte koljander bykom… Gee asb bietjie feedback op die resepte asb, sal graag wil weet wat werk en wat nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: