Paella resep
Ek het vanaand Paella gemaak en ek deel graag die resep.
Bestandele:
1 ui, grof gechop
4 huisies knoffel, gemash
1 rooi peper, grof gechop
1 blik choped tamaties
1 stukkie safraan (opsioneel)
10 ml chili poeier
5 ml paprika (opsioneel)
250 gram risotto rys
2 hoender stock blokkies in 1 liter water opgelos
250 g shrimps/prawns
250g gechopte chirizo (vervang met russians indien nie beskikbaar)
250 gemenge seekos (kalamari, mossels en nog shrimps)
Petit Pois (baba ertjies)
1 suurlemoen
Metode:
Verglans die ui in ‘n warm pot. Gooi knoffel en rooi peper bui en braai vir so minuut of wat. Braai die chorizo blokkies vir ‘n minuut of twee. Gooi die tamaties, safraan, chili, paprika en die sap van 1 suurlemoen by en braai vir so minuut of twee. Pasop vir die baie warm spatsels. Gooi die rys by en roer dit goed vir so minuut. Gooi nou die hoender-water (stuk stuk vir die res van die proses) by en roer en roer dit gently elke nou en dan vir so 10 minute. Gooi die seekosse en ertjies by en laat dit prut vir nog so 10 minute. Roer elke nou en dan sodat dit nie onder vasbrand nie. Gooi sout by soos benodig.