Uganda, my Afrika-ontnugtering.

Uganda is die kakste plek op aarde.

[die foto’s is click-able]

Nie omdat hy so gemaak is nie, maar omdat hy so geslaan is. Na besoeke aan Senegal en Tanzanië voel jy reg vir wat ook al die kontinent na jou kant toe kan gooi. Bring armoede, bring verdriet en sukkel.

Saam met die vrou is ek na Uganda, sonder enige verwagtinge, met bloot ‘n uitsien na ‘n nuwe plek, nuwe kossoorte en swart gesigte met wit glimlaggery. Soos enige Afrika vakansie, was die swart kindertjies baie opgewonde om die Muzungu (blanke) te sien en aan te raak. Laat jou bietjie soos ‘n wit engel voel. Hierdie gevoel is net lekker totdat jy besef hoe diep in die Ugandese psige hierdie verafgod/afhanklikheid (lees kanker) van die wit-weste ingebou is. Dit is net vir ‘n dag lank lekker as die local (lees swart) mense nader hardloop om jou tasse/sak/boks/boek/klere vir jou te dra, sodat jou wit armpies tog net nie sal breek nie. Daarna begin dit net verkeerd voel.

Ek is eendag Kampala in en het die markie raakgeloop. lieflike groot, vars en goedkoop pynappels, tamaties, plantains, avokados en hoenders. Ongelukkig het ek ook gesien hoe hulle een van hierdie hoendertjies slag en die hoender-karkas-afval vir die lewendige hoenders gooi om te eet en mooi sterk te word.

Een van die eerste goed wat mens oplet in Kampala is die reusagtige Marabou (ooievaars) wat oral rondloop, asof hulle klein mense soek om te vang en op te eet. En natuurlik motorfietse, orals motorfietse, wat as taxi’s (bodaboda’s) dien, waarop selfs die professionele mense ry.

Hierdie bodaboda’s moet hulle lisensie in die hel aanskaf. Hier is twee movies van die ervaring: (tweede een het ek nie self geneem nie)

Sodra jy die grense van Kampala verlaat, raak dit hel. Die mense het NIKS. Die kinders het opblaas magies, kaal koppe en rags vir klere, as hulle klere het.

Na drie dae, kan jy nie meer die smaak van Nyama chomo (over-well-done bok vleis) verdra nie. Veral as jy sien hoe dit gekoop word.

Die ander ding wat die oog vang is al die mans wat met gewere rondstaan.

Die vervoer is ‘n nagmerrie. Die slaggate is so groot en diep soos wasbakke. Die mense ry soos hulle wil. Hier is ons besig om ‘n kruising in sentraal Kampala oor te steektydens spitsverkeer. Daar is verkeersbeamptes, maar hulle staan net daar en wag vir ongelukkig om in hierdie organiese stelsel te gebeur.

Uganda is deur Idi Amin regeer van 1971 tot 1979. Hy was verantwoordelik vir die dood van 300 duisend van sy eie mense. “The last king of Scotland” probeer (onsuksesvol) hierdie mal mens se storie te vertel. Hy en sy trawante al die wilde diere in Uganda ge-masjiengeweer.

Huidiglik is Yuweri Museveni in beheer. Hy sal Maandag 28 Januarie 2008 presies 22 Jaar in beheer wees, en dit is nie omdat die mense hom kies nie. Hy het ten minste die laaste verkiesing ge-rig. Die opposisie moes hulle veldtog uit die buiteland probeer reël. 50% van sy land se inkomste is internasionale hulp-fondse, en die internasionale gemeenskap love hom omdat Uganda se ekonomie (GDP) 5% p.a. groei onder hom (dit laat hulle goed voel oor hulleself). Ironie is dat daardie 5% die toename is in aid, dus nie regtig groei nie. Soos in meeste Afrika lande is dit wet dat die president se foto in winkels en hotelle moet pryk. Natuurlik ‘n foto van toe hy nog jonk was. Hy sien glad nie om na die platteland nie, al wat groei is die stad en dit is natuurlik baie convenient vir die aid community om ook in die stad te bly. Daar kan jy immers westerse produkte koop, lieflike huise hê, en natuurlik met ander aid werkers kuier en sentimenteel raak oor Europa.

Museveni het ‘n pakhuis vol geld spandeer aan die commonwealth saamtrek laat verlede jaar. Hy het behoorlik uitgehaal en gewys om die Britse monargie te beindruk. Dit terwyl daar duisende kinder-werkers in die platteland is en soveel mense wat in haglikheid leef.

Die mense in die platteland het nie hoop nie. Hulle sit net heeltyd daar en wag vir die son om onder te gaan. As hulle ‘n stukkie vrug klaar geëet het, gooi hulle die skil/pit so paar meter van hulle af en so begin nog een van die baie gemorshope wat orals, ek bedoel orals, voorkom.

Miskien is dit omdat ek Uganda vanuit ‘n Engeland konteks beoordeel het. Maar ek kan nie op hierdie stadium lig sien vir donkerste donker Afrika nie. Niemand gee ‘n fok om nie, nie eers Afrikane nie……

[click hier vir die foto’s met beskrywings op flickr]

~ by mieliepap on 27 January, 2008.

2 Responses to “Uganda, my Afrika-ontnugtering.”

  1. Een ding wat ‘n bietjie depressing is, is dat almal so vyf jaar gelede nog aangegaan het oor hoe wonderlik Museveni is en hoedat hy ‘n nuwe generasie Afrikaleier is wat saam met Mbeki die renaissance gaan lei. Dit was omdat hy nogal ‘n sharp vigsbeleid gehad het, wat baie gedoen het om die epidemie in Uganda om te draai. Sedertdien het die presidentsvrou egter bygelowig geswaai en teen kondome gedraai, nou is hul vigsbeleid ook in sy maai.

  2. Goeie inskrywing, veral saam met die foto’s! Dis tragies…veral as mens inagneem dat Uganda as een van die “meer suksesvolle” Afrika-state gesien word (tesame met Kenia en ons weet wat nou daar aangaan). Dan was jy nog nie in Burkina Faso of Ekwatoriaal-Guinee of die Sentraal Afrikaanse Republiek nie! Een ding wat ek darem positiefs van Uganda kan se, is dat hulle anti-VIGS veldtogte baie suskesvol is/was. Maar dis ook seker al.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: