Yassa Poulet – Senegalese hoender resep

Toe ek in 2004 in Senegal was, het ek omtrent elke ete Yassa Poulet geëet. Meestal omdat dit eerste item op elke menu was, en omdat ek nie met die Frans-sprekende kelners kon kommunikeer nie. Ek het nou na omtrent 10 pogings, deur tref en trap, die resep reg gekry. Hierdie is een van my gunsteling geregte, seker omdat dit chili, suur en sout is. Dit is baie eenvoudig om te maak. Poedel en Prime Evil is ook mal daaroor, so daar.

Bestandele: (genoeg vir 3 persone)
5 eetlepels olie
3 hoenderkwarte, ontvel en met 4 diep hale in elk gesny
6 klein tot medium suurlemoene
6 knoffelhuisies
3 groot rooi chili’s
4 eetlepels growwe grondboontjiebotter
2 eetlepels dijon mostert
1 groot ui, in growwerige half-ringe gesny
125 ml melk
1 geel/rooi/groen peper in repies gesny.
bedien met 250 ml basmati rys

Metode:

Gooi die volgende in ‘n voedselverwerker: sap van al die suurlemoene, 4 van die knoffelhuisies, 4 eetlepels growwe grondboontjiebotter, 2 eetlepels mostert, 3 chili’s (met pitte), 3 eetlepels olie (= vloeistof van nou af)
Gooi 4/5 van die vloeistof (in die verwerker) op die hoenderstukkies uit, masseer dit in die snye in(maak seker die hoender is goed bedek) en laat dit staan.
soteer (braai tot deurskynend) die uie in so 2 eetlepels olie in ‘n pan. gooi 2 ge-crushde/versnipperde knoffelhuisies by en braai vir so minuut. Gooi so twee eetlepels van die res van die vloeistof sous by en braai vir so 30 sekondes.
Pak nou die hoender op ‘n rooster, plaas die uiemengsel bo-op die hoender en bak bedek vir 50 minute.
Berei die rys voor
Verwyder die bedekking en bak dit oop vir 10 minute
Verhit die orige vloeistof (uit die voedselverwerker) en die melk saam. Braai dit vir so 10 min (tot dit kook)

Pak rys in bord, gooi sous op rys, plak hoender op rys en sous. Garneer met pepersnye. Eet.

Yassa Poulet

Opgedateer Mar 2008:

Ek het bietjie eksperimenteer en besluit om die rys in die sous gaar te maak (soos ‘n risotto), en dit he baie goed gewerk. Gebruik verkieslik risotto rys en voeg heelwat water stuk stuk by soos die rys gaar word en roer gereeld. Voeg ook sommer die geelpeper by die rys vir laaste paar minute:

~ by mieliepap on 28 January, 2008.

One Response to “Yassa Poulet – Senegalese hoender resep”

  1. More Mieliepap, dit klink hemels….hiermee verleen ek toestemming om die resep van jou te deel op my facebook blad?? Boerekos kookengeniet… Dankie…hoor graag van jou..!!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: