die vrou in my samelewing

[Jammer as hierdie soos ‘n lukrake lys los gedagtes voorkom. Dit is wat dit is]

So ruk gelede het Idiwidi die vraag gestel, hoekom ons almal so vinnig op ons perdjies is wanneer dat rassevrae gestel word, maar wanneer daar vrae gevra word oor die relatiewe waarde van die vrou teenoor dit van die man, dan is ons almal doodstil en wens die gesprek wil ophou.

Voor ek begin, die volgende opmerking, busbestuurders, taxibestuurders, veiligheidswagte, voertuig inspekteurs, polisiepersoneel en onderwysers is van die lewensbelangrikste werke. ons betaal hulle die minste.

Idi se vraag het my redelik ontstel. Hoe voel ek oor die waarde van my vrou, my ma en my sussies ? Het hulle net soveel waarde in die samelewing (in my kop) as wat my pa en my vriende het ? Tydens my besoek aan Atlanta in November, het ek probeer om te fokus op hierdie vraag en het ook probeer kyk hoe mense optree in die Amerikaanse milieu. Dit was vir my eensklaps duidelik dat vrouens ondergeskik (geag) was, maar dit was ook duidelik dat dit gedeeltelik agv sekere vrouens (en hulle gedrag {kousaliteit is onmoontlik om te bewys…} is dat dit gebeur. Dit was min kere so duidelik as tydens ‘n yshokkie wedstryd. Die ouens het in hulle baie warm allesbedekkende yshokkie klere opgekom, en vir so paar minute gespeel. Toe hulle af skaats, kom daar 6 meisies op geskaats, in byna niks (ek het 6 lae klere aangehad). Hulle moet die vloer in hulle skamele klere kom vee, tot plesier van die mans.

Paar dae later kyk ek toe basketbal. Die manne speel lekker in hulle gemaklike los klere. Toe hulle nou moeg is en hard gespeel het, wie anders kom op as die danser-babies. Met soveel maag as moontlik wat wys, soveel as moontlik uitlokkende bewegings. Let op die kontras in die foto’s (big screens!)

Hoekom ?

In Desember het ek An utterly impartial history of Brittain (2000 years of upper class idiots in charge) gelees en een van die baie dinge wat my getref het, was hoe onlangs vrouens stemreg gekry het. As jy kyk na byvoorbeeld Engeland was dit eers in 1928 dat vrouens dieselfde stemreg as mans gekry het (van 1918 kon vrouens bo 30 stem). Switserland het eers in die 1971 toegelaat dat hulle vrouens stem.

As jy kyk na die hele huwelik seremonie (Christelik), dan word die vrou aan die man oorhandig. Daar is niks oorhandiging van die man aan die vrou nie. Die man word absoluut as die beskermheer en die oppasser in daardie opset gesien.

Verder is dit ook so dat die man tradisioneel as die broodwinner gesien word. Ek onthou nog toe ek vir my pa se my vrou is ook broodwinner, het hy gesê dat ek altyd die primêre broodwinner sal wees.

Hoekom word ‘n vrou se van per default haar man s’n wanneer hulle trou en verg dit oneindig baie moeite om dit terug te verander ?

Hoekom dra vrouens bikini’s? Hoekom moet hulle tot binne paar cm van hulle skaamtedele (wat ‘n woord !!!!! eerder private dele) bedek (bo en onder) met ‘n bikini, terwyl mans los, lang saggy broeke kan dra ? Hoekom skeer vrouens hulle beenhare en onderarm hare ? Hoekom (behalwe die voor die hand liggende stereotipes) word al die grimering en moeite met vroulikheid assosieer ?

En nou die belangriker vraag vir my: Hoekom is vrouens bereid om met hierdie ongelooflike laste (moeite) te leef ? Hoekom maak vrouens hierdie waarde peiling hulle eie? Hoekom staan meer vrouens nie op hierteen nie ?

Hoekom kan ek die teleurstelling in my ouers (my ma incl) se stem hoor as ek vir hulle vertel
– hoeveel ek dit geniet om kos te maak ?
– hoe hard my vroutjie werk en suksesvol haar loopbaan is ?
– dat ons dinge anders doen, en ‘n gelyke huwelik en vriendskap het ?
– dat ek wasgoed/vloer gewas het ?

Hoekom (ek het al hierdie vraag in ‘n vorige blog gevra) soveel meisies hulleself in semi-naakdheid en wulpsheid adverteer op hulle facebook avatars ?

Ek is seker van hierdie goed het maar net uit te waai met hoe mans en vrouens anders ge-wire is, maar soveel daarvan is onnodig en kan verander word.

Ek dink dat (deursnit heteroseksuele) vrouens ‘n behoefte het om aanvaar te word deur ander vrouens en begeer (ek soek ‘n sagter woord, maar my woordeskat ontbreek) te word deur mans. Vrouens meet hulle vroulikheid aan ander vrouens. As ander vrouens jou verwerp as vrou, dan gaan jy voel asof jy nie ‘n vrou is nie. As die meeste vrouens sekere gedragspatrone en denkpatrone het, dan gaan jy dit ook nastreef, veral die vrouens in jou onmiddelike omtrek ook dit doen/het. Gegewe die historiese posisie van die vrou, was die meeste vrouens se rol om die man gelukkig te hou (en alles wat daarmee saamgaan). Solank die meerderheid vrouens dit nog doen, gaan dit baie moeilik wees vir ander vrouens om nie dieselfde te doen nie. Die momentum in sulke kollektiewe gedragspatrone is baie moeilik om te verander, jy het ‘n groot impuls nodig om die koers van die massas te verander.

Wat die mans aangaan, hulle word groot in omstandighede waar daar ‘n spesifieke konsep aan vrouwees gekoppel is. Dit dryf dan ook die eienskappe en gedrag etc. wat in ‘n huweliksmaat gesoek word. Die man soek vir die “ou model vrou” (wat hy geleer is) en dit is wat die vrou neig om vir hom te probeer gee. I.e. die man se behoefte, wat gevorm is deur sy opvoeding (milieu), dryf ook die vrou om ‘n sekere rol te vertolk.

Hoe los ons dit op ? Ek dink onmiddelik aan die fliek “A beautiful mind”, waarin Nash gesê het dit sal beter wees vir die kollektief as hulle nie kompeteer nie maar saam werk (my eenvoudige verstaan daarvan). Kyk byvoorbeeld na die taxi’s in Engeland. Die feit dat hulle jou nie laat onderhandel vir ‘n prys nie (almal gebruik dieselfde vaste pryse), en jou forseer om die eerste taxi in die ry van taxi’s te neem (almal respekteer die vasgestelde reëls van die ooreeenkoms), maak dat hulle beter betaal word en dat die competative voordeel (hoër aanbod) verlore gaan vir die gebruiker. Die ander kant daarvan is dat die verbruiker beskerm word, en nie uitgebuit gaan word as daar net 1 taxi is nie (hoë vraag).

Net so kan vrouens saam staan, as hulle bereid is om klein bietjie op te offer (vir ‘n geslag of so🙂 pun intended) . Hoe koordineer jy so iets? Jy gaan bed toe en droom daaroor, dit is makliker.

~ by mieliepap on 29 January, 2008.

5 Responses to “die vrou in my samelewing”

  1. Fantasties geskryf. Ek sal bietjie aan hierdie een moet gaan herkou. Ek wens meer mense wil soos jy dink.

  2. Dit is in ‘n mate, dink ek, die vrou se eie skuld dat mans hul minderwaardig ag. Soos jy tereg na verwys is die wulpse jong poppies meestal daarvoor verantwoordelik. Inelkgeval, ek wil ook nog ‘n bietjie dink oor die een.

  3. Baie intresant geskryf en very sad but true! maar ek stem met Roer op die een dit is grootnedeels die vrou se eie skuld… en dit is baie baie sad!

  4. dankie, goed deurdink.

    ek is ‘n vrou.
    broodwinner.
    by ons troue is ek en my man albei deur albei ons ouers ingebring en aan mekaar gegee.
    ons het nie dieselfde van nie.
    ek maak nooit kos nie (ek was skottelgoed).

    maar ek werk bykans daagliks met jong meisies (en oueres ook) wat die boodskap gekoop het dat hul waarde in hul seksualiteit lê. en al verstaan hulle nog nie eers hul eie seksualiteit nie, dink hulle dat dít is wat hulle kosbaar maak – die begeerte van mans (en, lets face it, die mag wat hulle oor die mans het). maak nie saak waar hulle kyk nie – selfs al kyk hulle rugby – is dit die boodskap wat hulle kry. g’n wonder dit word ge-internaliseer nie.

  5. Gaan nie nou lank skryf nie, net gou ‘n duifeiertjie lê. Ek dink die doelwit behoort te wees om te poog vir gelykheid, nie eendersheid nie. Ek moet anders kan wees as jy en nog dieselfde respek kan verdien.
    Die probleem kom in wanneer ons norme daarstel waaraan die “ander” gemeet word wat nie noodwendig toepasbaar is nie. Mans is in ons samelewing altyd die norm en vroue voortdurend die “ander” wat skynbaar net nie voldoen aan die maatstawwe nie. Volgens hierdie maatstawwe is seks die enigste plek waar vroue gelyk is aan mans, of selfs die oorhand het. Dis seker hoekom dit so geaksentueer word in ons samelewing – ‘n simpel poging om die balans te herstel.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: