bloedgrond rooi katarsis

Nie my voorouers se bloed nie. Nie my kinders se bloed nie. Nie my mense se bloed nie. Nie jou mense se bloed nie. My bloed. Jy lê in ‘n my-bloed-bad in my hart, Afrika. Jy lê my gemoed dood. Die aasvoëls sweef in my kop rond, om die karkas wat jy is, in die slag kamers van my hart. Jou vigs-beloopde liggaam vrot in my siel. Jou opgeblaasde magie kinders huil in die krop van my maag. Jou TB versmoorde longe hyg in my ore. My hart is vals gepaar met jou, my ge-aborteerde falciparum infekteerde verwerpde. Jou trane loop deur my aargebarste oë . Wie het jou gebreek Afrika. Hoe het jy jou laat breek Afrika.

~ by mieliepap on 1 February, 2008.

5 Responses to “bloedgrond rooi katarsis”

  1. Regtig treffend! …en hartseer.

  2. 😦

  3. Sjoe, hierdie stuk tref diep! Baie mooi.

  4. Hierdie inskrywing van jou is deur my genomineer. Dis pragtig!

    http://wagnbietjie.wordpress.com/2008/03/20/tydskrif-projek-drie-van-die-bestes/

    Lekker Paasnaweek vir jou en jou gesin

  5. Dankie wag-‘n-bietjie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: