higiëniese fokus

Kort na ons troue, het ek agtergekom dat ek en die wyfie nie dieselfde dink oor al die soorte higiëne nie. Een sou baie gesteld wees oor hoe skoon jou hande is voor jy eet. Die ander sou baie gesteld wees op hoe skoon die yskas is. Een sou baie gesteld wees op hoe skoon die tafelblad is en die ander op hoe skoon die wasbak is. Die een sou kommer oor hoe skoon die handdoek is en die ander oor hoe skoon die stort is etc etc.

Ek het vandag vir 4 ure ons kombuisie diep en dringend skoongemaak. Toe ek aankondig, met ‘n mate van trots dat dit nou klaar is, het die liefde in my lewe nog 2 ure aan dieselfde kombuis spandeer, en dit is nie omdat sy nasty is nie, dit is bloot omdat ek blind is vir sekere van die vuilhede.

Hoekom skryf ek hierdie ?

Ek dink, nadat ek nou al so paar mense dopgehou het, dat higiëne in elke persoon in ‘n allokeerde hokkie moet impas. Jy kan net soveel higiëniese fokus hê. Soos jy groot word, groei jy ‘n higiëniese lens, wat maak dat jy sekere goed kan sien en sekere ander nie kan sien nie. Jy raak higiënies miopies. Dit is verstommend, en mens kom dit eers agter wanneer jy BAIE naby aan iemand bly.

Ek wonder vir hoeveel ander higiëniese dinge ek verblind is, en meer nog, vir hoeveel higiëniese (en ander) dinge ons altwee blind is, waar deur ander mense gewalg word !

~ by mieliepap on 16 February, 2008.

5 Responses to “higiëniese fokus”

  1. Ja, ek dink jy is reg oor die higiëniese lens.

    Terloops, dit is ‘n pragtige foto bo-aan jou blog. Ook, jy is ge-etikiteer. Sien my laaste bloginskrywing.

  2. Jy en jou liefde klink vir my baie soos ek en Die Liefie. verskil is net, ek sal vir 2 ure skoon maak en dink als is blink, dan kom hy met sy X-traal oe en wys my wat ek alles gemis het. Maar tussen die twee van ons, kan jy van ons vloere af eet!😆

  3. Vandat ek nou my eie skoonmaak moet doen hier in Swede het ek ‘n nuwe fasinasie/obsessie met higiëne ontwikkel. Ergste is ek maak skoon, dink dis blink skoon, maar die volgende dag vang my oog weer iets wat nie reg is nie. Een ding wat ek terugbring SA toe is die Swede se “trek uit jou skoene as jy by my huis inkom” reël.

  4. Dankie Labbie, het dit geneem van GaurdianPeak in Stellenbosch in Januarie 08.

    Wat van fika Jane, klink soos iets wat goed in Afrika sal afgaan !
    Ons ken Suid-Afrikaners in Engeland wat weier om hulle skoene (selfs hier) uit te trek, want Afrikaners doen dit nie. Sterkte.

  5. In ons huis is my man baas van stryk en badkamer skoon maak want frankly, ek het nie die geduld nie en doen dan ‘n halwe job. Wanneer hy klaar is in die badkamer lyk dit soos daai Dolphin Bathroom uitstalkamers! En hy kan dit nie die oor die hart kry om ‘n hemp te dra wat ek gestryk het nie, so nou stryk hy sy eie klere, en ek stryk (using the term very lightly, want dis meer soos “vee liggies met ‘n strykyster oor die dele wat uitsteek”) my eie klere. Maar ek kan stofsuig en afvee uit die boonste rakke, so ons verdeel maar so die takies tussen die twee van ons.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: