tuisgemaakte hamburgers

Ons het verlede week hamburgers van scratch gemaak:

Vir die broodjies, gebruik broodmeel (“just add water” tipe) . Gooi water by, knie tot glad en laat dit (bedek) rys vir 30 -45 minute in ‘n redelike warm (30-45 grade) deel van die huis. Breek dit dan in stukkies af en bak vir so 25 minute (tot bruin) teen 180 grade C. Pasop om dit nie te dik te maak nie, anders oorweldig dit die patties.

 Vir die patties,

Beef: meng 500 g maalvleis met ‘n handvol broodkrummels, ‘n ui wat gechop en gebraai is in olie, ‘n opsionele eier, 100 gr fyn gesnyde ansjovis (anchovies) en so twee eetlepels capers (opsioneel). Maak seker dit is goed gemeng. Maak balletjies so groot soos groot patties. (so eetlepel growwe koljander behoort ook goed hierby te werk)

Skaap:  meng 500g lamsmaalvleis met ‘n handvol broodkrummels, ‘n ui wat gechop en gebraai is in olie, ‘n opsionele eier, twee eetlepels mintsous (mint blare in balsamiese asyn sous), een eetlpel fyn peper en sap van ‘n suurlemoen.

Die patties krimp ietwat in die oond, so maak hulle maar bietjie groterig.

Bak die patties vir so 15 minute aan elke kant teen 180 g C

~ by mieliepap on 1 March, 2008.

2 Responses to “tuisgemaakte hamburgers”

  1. Is jy soos in kok skool of iets???
    Dit lyk nou rerig rerig lekker…
    MMM< Eks honger!!!

  2. Melanie, dit was die regte vraag, dankie. Die antwoord is, my werk gebruik nie genoeg van my kreatiwiteit nie, net soos duisende Afrikaanse huisvroue, vind ek myself in die kombuis besig om my bestaan op te vrolik en te interesseer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: