road trip i

Nonnie en ek het besluit om vir paasnaweek Geneva toe te (wag vir dit…) ry. Ons gaan die 1200 km daarnatoe en 1200km terug aandurf (dit sluit die afstand wat die ferrie ry uit.)

Die besluit is redelik impulsief geneem tydens ‘n naweek in Bergamo, Italië. Die besluit is gemaak op die volgende inligting: Google maps het gesê dit sal 12 ure neem van huis tot huis. Blykbaar 757 myl (1211 km), het vinnig die som gemaak, sal so 140 liter petrol retoer beloop en dus so GBP 150 kos.

Sedertdien het ek omtrent elke dag van ekstra koste uitgevind. Eerstens, kan mens nie sommer net in die eurotonnel inry nie. Jy moet ‘n plek bespreek op ‘n kartrein, vir ‘n sekere tyd van die dag. Dit kos omtrent GBP 100 (eenrigting, 35 min) vir die slot wat ons wil hê, maar toe ek die volgende dag wou koop, was dit uitverkoop. Die alternatief is om die ferrie oor die kanaal te neem en dit kos so GBP 45 (90 min) , maar mens moet 30 minute voor die vertrek tyd incheck.

Gisteraand besef ek toe ek moet my kar se versekering verander sodat ek in Frankryk en Switserland kan ry. Sal Maandag uitvind hoeveel dit gaan kos.😦

Wat ek ook toe gisteraand uitvind is dat Franse tolpaaie belaglik duur is, so GBP 100 retoer van Calais tot Geneva. As jy kies om nie tolpaaie te ry nie, word die rytyd 3.5 ure langer, en dan ry jy deur Belgie en Luxemburg.

Hierdie gaan ‘n baie duur naweek wees. Ek hoop dit is lekker om te ski. Ek hoop twee dae se ski maak op vir twee dae se ry.

~ by mieliepap on 9 March, 2008.

6 Responses to “road trip i”

  1. Is jy die [naam] wat in Rooi Rose gesê het hy hou van gemeenskap op die Sabbat?

  2. Nou lees ek van die duur Franse tolpaaie net nadat ek en Liefie ook sommer net besluit het ons vat ‘n roadtrip in Frankryk vir Paasnaweek en die week daarna. Ons vlieg darem tot daar…

  3. Ons moed het ons vanoggend begewe en toe koop ons vliegtuigkaartjies Geneva toe vir Paasnaweek. Road trip no more.

  4. Geneva was ‘n fees, ons het geski het geeet en gery en geslaap.

    Jane, hoe was Frankryk ?

    Bertus, jy het my.

  5. Frankryk was baie nice – vrek koud (!!) en glad nie die sun break waarvoor ons gemik het nie (darem temperature tussen 10 en 15 verwag, dit nie gekry nie). All in all ‘n lekker wegbreek. Ons was seker so 100km van die Switserse grens af op een tyd…

  6. Ja, ons het ook heeltyd sneeu gehad en tot -8 degC temps gehad ! Goed vir sneeu, sleg vir sonsoekers. Jammer om te hoor…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: