Franse brood resep

Gebruik die volgende bestandele
– 300 ml sterk witbroodmeel
– 1 teelepel kitsgis
– 125 ml louwarm water
– 1 teelepel sout

Metode
Meng die sout en die meel goed in ‘n bak. In ‘n aparte bak, meng (met jou vingers) helfde van die meel met die water en die gis. Laat dit staan vir 2 ure, bedek, om te rys. Gooi die res van die meel by en knie(g) goed. Laat dit weer staan vir ‘n uur. Knie(g) en vorm ‘n langerige baguette vormige deeg. Maak dit maar dun, dit rys verskriklik. Laat lê dit in ‘n bakplaat. Sny drie hale in die baguette. Laat staan dit vir nog 30 minute. Maak die oond so warm as wat jy kan (~250 grade C). Plaas ‘n (oondbestande) bak water in die oond. Bak die baguette vir 15 minute aan die bo-kant en 5 minute aan die onderkant. Indien dit te bruin word, plaas ‘n stuk foelie oor vir die oorblywende tyd.

Die volgende bygeoveg 29 Maart 2008:

Ek het die resep so drie keer gemaak en besluit dit is nie heeltemal goed genoeg nie. Dit kom nie heeltemal by die regte Franse baguettes uit nie. So die volgende wysigings:

Laat die deeg oornag staan (maak beter smaak, jy kan ook ‘n paar teelepels bier by die water inmeng) in ‘n (groot, anders pop dit oop en uit) toe kosblik in die yskas. Volgende dag, haal dit versigtig uit, vorm diit versigtig (moenie weer knie nie) in ‘n baguette vorm en nou vir die groot geheim :

Ek het oorgestap na die naaste inkopiesentrum en vir die bakker gevra, wat die geheim is. Hy se toe vir my dat daar stoom injectors in die oonde is en dat dit baie moeilik is, indien nie onmoontlik nie, om daarsonder die baguettes te bak. So uitgedaag so gedaan. My metode om die kors crispy te kry:

Gebruik twee groot bakpanne, en ‘n kleintjie. Verhit die oond tot 210 grade. Die twee groot bakpanne moet die klein bakpan omsingel. Die brood gaan op die middleste pan gebak word. Net na jy die brood in het, gooi kookwater in die onderste bakpan (so 500 ml). Maak seker dat die panne so naby aan mekaar as moontlik is. Die boonste pan moet soos ‘n deksel wees om die stoom vas te vang en die onderste pan het die water in wat die stoom maak. Bak nou vir 15 minute, draai die brood om en vul water op indien dit op is. Bak vir nog 5 minute. Verwyder nou die water en bak die brood vir nog 10 minute. Die reultaat is ‘n baie lekker crispy broodtjie.

~ by mieliepap on 17 March, 2008.

4 Responses to “Franse brood resep”

  1. Squeeze Marmite? Cool!

  2. In die land van Marmite, sou jy minder verwag het ? Kyk hierna , laaste comment.

  3. Ek kan sommer proe hoe lekker daai Marmite happies moet wees!

  4. Ek het ‘n manier gevind om alles brood crispy te maak, want soos jy ontdek het is dit onmoontlik om dit so mooi glad soos die bakkery s’n te kry. Olyf olie! Smeer die pan met olyf olie uit en giet ‘n bietjie bo oor.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: