Bagel resep

Ek en die dame van die huis hou verskriklik van bagels en in hierdie gees, terwyl ek nou besig is om met deeg te speel, het ek besluit om bagels te maak. Dit is nie baie moeilik nie.

Gebruik die volgende deeg resep:

– 300 ml sterk witbroodmeel
– 1 teelepel kitsgis
– eetlepel suiker
– 100 ml louwarm water
– 1 teelepel sout

Meng en knie die meel tot glad. Laat dit lus in ‘n bedekte kosblik/bak tot dit verdubbel. Druk die deeg plat en breek bolle uit.(so groot soos pruime/ iets tussen ‘n tennis- en golf-bal) . Druk jou duim deur die bol en trek dit goed uitmekaar om ‘n doughnut vorm te kry, maak maar seker die gat is groot genoeg. Laat dit nou vir 20 minute rus op ‘n gemeelde oppervlak, waarvan af jy dit sal kan haal sonder om die deeg te versteur.

Maak ‘n pot tot so 10 cm vol water en ‘n eetlepel suiker. Laat die water kook terwyl die deeg rus. Wanneer dit kookpunt bereik het, gooi die gerusde deeg ringe in die water vir 45 sekondes aan elke kant. Verplaas die ringe na ‘n bak-rak (om te droog).

Draai dit om na so paar sekondes en bak dit dan in ‘n voorverhitte oond vir so 7 minute aan elke kant teen 180 gradeC.

Wanneer jy die volgende oggend wakker word, sny die bagel oop, rooster dit (toaster of onder oond se element) vir so 3 minute en bedien met roomkaas en gerookte salm.

Hier is die prosesvideo:

~ by mieliepap on 29 March, 2008.

9 Responses to “Bagel resep”

  1. Heerlik, ek neem aan mens bak dit in die oond as dit uit die olie uitkom?

  2. Hi Pikkelik, welkom hier ! Daar is nie olie in nie, net water en suiker (anders as koeksisters). Ek het die resep aangepas om te wys dat jy dit in die oond bak, ja. Smaaklike ete !

  3. Hmm, skies man, blonde oomblik. Ek het bedoel as dit uit die pot uitkom. Sal bietjie vanaand vir Mynick wys wat ‘n vindingryke vroutjie hy het.

  4. Laat weet my asb of dit okay uitkom. As ek nie al drie keer die naweek bagels gebak het nie (trial and error), sou ek probeer het om klein bietje (10 ml) uiesoppoeier by die meel te gooi, om te kyk hoe dit proe. So as jy lus is om te eksperimenteer …

  5. Wow, wat het ek gemis!! Ek geniet jou blog en gaan jou dadelik op my blogroll sit, hier maak jy my weer lus vir kos maak!
    Groete

  6. Dit is nou fassinerend! Ek gaan dit definitief probeer – ek het net die naweek gehoor ‘n Amerikaner se ‘n cooked bagel is die lekkerste. My ‘hu?’ is nou beantwoord.

    Ek is nie juis ‘n bakster nie, maar hierdie gaan ek maak.

  7. Laat ek nou maar ‘n public announcement maak! Dit is heerlik. Ek het dit herdoop na dougnuts en gesmelte sjokolade oorgegooi!! Definitief ‘n nuwe gunsteling.

  8. Welkom aan jou wipneus !

    Skoor, ek wou nog voorstel, probeer om bietjie sesame saad booop te sprinkel voor jy dit in die oond sit.

    Pikkelik, much obliged ! Baie dankie vir die terugvoer.

  9. Vanaand, as die beurtkrag ons nie tref nie, bak ek dit.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: