Pizza basis

Mr Pienk Zuit het hier vir my gevra oor die basis wat ek gebruik om my pizza’s te bou. Op daardie stadium wat ek nog maar ‘n beginner en nie werklik vertroud met die wonder van eg-Italianse pizza basisse nie.

Poedel het ook sy stuiwer ingegooi met hierdie resep, wat die verbouing van ‘n basis insluit.

Nou, is ek trots om aan te kondig dat dit ‘n nuwe era is.

Om 2 dik of 3 dun pizza basisse van scratch af te maak, doen so:

Bestandele:
– 2 koppies (500 ml) baie sterk broodmeel
– 1 koppie (200 ml tot 250 ml) kouer water
– 1 teelepel (5ml) suiker
– 1 teelepel (5ml) kitsgis
– 1 teelepel (5 ml) sout

Metode:
Meng al die bestandele en knie dit goed saam vir so 10 minute.

Laat die mengsel oornag bedek staan in die yskas (opsioneel). Jy het ‘n redelike groot kosblik of bak nodig, want die deeg behoort te ver-trippel in grootte. Dit help om die oppervlak van die bak/kosblik te meel.

Volgende dag, haal die deeg uit en breek in twee balle op. Druk die balle effens plat en laat dit vir twee ure bedek rus, tot dit verdubbel in grootte (so uur).

Rol die deeg uit (tot so 5mm) en plaas op ‘n pizzapan/pan/iets en laat dit rus vir so 10 minute.

Steek gate in die deeg met ‘n vurk, en bak teen 200 degC vir 10 minute naby aan die element, sodat dit ‘n kleurtjie kry. Die basis moet crispy (en ligbruin) wees op die oppervlak en taai en smaaklik binne.

Nou kan jy tamatiesmeer en toppings opsit soos dit ‘n pizzamaker betaam.

~ by mieliepap on 29 March, 2008.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: